Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Fliek-genot: The Courier, My Octopus Teacher

The Courier ****

As jy lanklaas in ’n teater was, en jy soek na ’n ervaring vir die flieksiel, is hierdie donker rolprent, wat op die waarheid gegrond is, vir jou. Al lyk dit ontoeganklik, val dit soos ’n lekkerleesboek oop sodra dit begin. Dis gegrond op die gedwonge optrede van ’n sakeman (Benedict Cumberbatch) wat spioenasiewerk in Rusland gaan doen tydens die Kubaanse missielkrisis, en wat gebeur wanneer dinge skeefloop.

My Octopus Teacher *****

Omdat dié Netflix-fliek Sondagaand met ’n Oscar bekroon is as beste dokumentêr, is dit tyd dat jy weer gaan tel hoeveel suiers ’n vriendelike seekat het. Gaan streel oor daai tentakels en ontdek ’n nuwe vriend! Pres. Cyril Ramaphosa het die span wat vir dié buitengewone fliek verantwoordelik is, geluk gewens met die besondere onderwater-verhaal en die pryse wat hulle gewen het. Dit speel in Valsbaai af met Craig Foster as die duiker wat ontdek seekatte is eintlik weerlose en lieftallige seediere. Sterk aanbeveel as die blink verrassing van die jaar.

Loket

Meer oor:  My Octopus Teacher  |  Nuwe Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.