Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Fliek oor staking vervelig en neerdrukkend
Nat Wolff is die opstoker Jim Nolan in In Dubious Battle.

In Dubious Battle

Drama

**

’n Fliek met die staking van plaasarbeiders in die 1930’s as tema klink net so vervelig soos wat dit in werklikheid is. Miskien is dit omdat stakings, geweld en protesoptogte deel van ons realiteit is hier in Suid-Afrika. Wie wil nog daarna op die silwerdoek gaan kyk?

In Dubious Battle is gegrond op die gelyknamige boek deur John Steinbeck en James Franco is die regisseur, vervaardiger en ster van die fliek.

Die storie fokus op Jim Nolan (Nat Wolff) wat in 1933 tydens die Depressie deel word van ’n politieke party onder die leierskap van Mac McLeod (Franco). Hulle veg vir werkersregte deur ’n groep arbeiders wat appels pluk in die vrugteboorde van Kalifornië te infiltreer en hulle ongelukkigheid oor hul dagloon aan te blaas. Hul uiteindelike doel is om die werkers sover te kry om te staak sodat die plaaseienaars, soos ene Bolton (Robert Duvall), hulle meer moet betaal om hulle weer aan’t appels pluk te kry.

Lang gesprekke by kerslig, sielewroeging, ’n bietjie romanse en heeltemal te min aksie volg.

Die fliek spog met akteurs soos Duvall en Ed Harris, maar veral Selena Gomez as ’n jong ma se vertolking beïndruk glad nie. Gomez se ronde gesiggie lyk pal verbaas; sy moet haar miskien eerder by popmusiek hou.

In Dubious Battle laat ’n mens teneergedruk voel, en wanneer die hoeveelste karakter vir die soveelste keer op ’n tafel spring en ’n passievolle toespraak oor werkersregte begin gee, kan jy nie help om te gaap nie.

En dan kom die einde so skielik dat jy wonder of jy dalk aan die slaap geraak het en die klimaks van die fliek gemis het. Dalk is dit ’n beter idee om liewer die boek te lees.

Met o.a. James Franco, Selena Gomez, Vincent D’Onofrio en Robert Duvall. Regie: James Franco. Tydsduur: 114 minute. Ouderdomsperk: 16 TG

Meer oor:  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.