Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Fliek vier onskuld van jeug, lê werklikheid bloot

Jong kinders se vermoë om te midde van armoede nie net te oorleef nie, maar hul omgewing as ’n fantasiewêreld te ervaar, is die gegewe waarop vandeesweek se Curtain Club-fliek in Bloemfontein gegrond is.

The Florida Project speel af in die skadu van die utopiese Disney World waar die sesjarige Moonee, puik vertolk deur Brooklynn Prince, en haar ma in ’n goedkoop hotel bly.

Vir die opgewekte Moonee is hul ongenaakbare blyplek ’n towerkasteel waar sy en haar maats elke dag nuwe avonture beleef en kattekwaad aanvang.

Brooklynn Prince (middel) as die sesjarige Moonee saam met twee van haar maatjies in hul towerwêreld in die hartroerende fliek The Florida Project.

Moonee se ma, Halley, is ’n ontkleedanser en moet toenemend gevaarliker weë probeer om vir haar en haar kind te sorg.

In ’n enkele somer word Moonee se kinderlike onskuld en fantasielewe egter omvergewerp. Sy word ouer, haar oë gaan oop en ’n onvermydelike konfrontasie dreig om haar en haar ma se idilliese verhouding te ontwrig.

Die regisseur Sean Baker het in The Florida Project ’n hartroerende uitbeelding geskep van kindervreugde en die oorgang na die wrede werklikheid van die lewe.

Bria Vinaite word beskou as ’n “vonds” in die rol van Halley terwyl William Dafoe sy beste vertolking nóg as die simpatieke hotelbestuurder lewer.

Die ouderdomsperk is 16 jaar.
* 31 Augustus om 19:00 in die Visual Media Hub op die Kovsie-kampus. ’n Kortprent word om 18:30 vertoon. Toegang is gratis.

Meer oor:  Sean Baker  |  Curtain Club-Fliek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.