Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Fliekgenot op Showmax

Showmax het vyf nuwe flieks opgelaai wat kykers die naweek van verveling kan red.

Lily James en Himmesh Patel vertolk die hoofrolle in Yesterday.

Die flieks is:

• BlackkKlansman

Dié rolprent handel oor die vreemde ware verhaal van Ron Stallworth, die eerste Afro-Amerikaanse speurder in Colorado Springs, wat probeer het om die Ku Klux Klan in die 1970’s binne te dring . . . met die hulp van ’n Jood.

Spike Lee, die regisseur en skrywer, het ’n Oscar vir die beste aangepaste draaiboek ontvang, dit is vir vier Golden Globes benoem en op die Cannes-rolprentfees het die rolprent die Grand Prix gekry.

John David Washington vertolk Ron Stallworth en Adam Driver speel die Jood.

• How To Train your Dragon: The Hidden World

Hiccup en die geliefde drakie Toothless het ’n ideale wêreld vir drake en Vikings geskep, maar ’n nuwe gevaar bedreig alles waarvan hulle hou.

• The Secret Life of Pets 2

Max, ’n Jack Russel, kan nie die aankoms van ’n baba in die huis hanteer nie en moet terapie vir streskry. Die Walliese skaaphond Rooster blyk ’n uitstekende mentor te wees.

• Yesterday

Jack Malik is ’n sanger in ’n klein Engelse kusdorp wat besef hy gaan nie sy droom verwesenlik nie. Een nag word die dorp in donkerte gehul, Jack beland voor ’n bus en wanneer hy weer bykom, vind hy uit die Beatles het nooit bestaan nie.

Dit word beskryf as ’n goedvoel-liefdesverhaal met sang deur die Beatles en Ed Sheeran.

’n Hele paar bekendes was by die fliek betrokke. Richard Curtis (Four Weddings and a Funeral) het die draaiboek geskryf, Danny Boyle (Slumdog Millionaire, Trainspotting) is die regisseur, Sanjeev Bhaskar en Meera Syal (The Kumars at No. 42) verskyn as Jack se ouers, terwyl Kate McKinnon (Saturday Night Live) en Robert Carlyle (The Full Monty, Trainspotting) ook te sien is.

• Time Freak

Die geniale Stillman het ’n tydmasjien wat hom kan terugneem na ’n tyd toe hy totaal verkeerd opgetree het in ’n verhouding en waarskynlik sy ideale lewensmaat deur sy vingers laat glip het. Hy wonder hoe dit sal wees om die kans te hê om sy brouwerk reg te stel.

Die hoofakteurs in dié “komedie-drama met ’n wetenskapfiksie-kinkel” is Asa Butterfield (Sex Education) en Sophie Turner (Game of Thrones en Dark Phoenix).

Meer oor:  Flieks  |  Langnaweek  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.