Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Flieks: '21 Bridges'; 'Ava'

21 Bridges
 ***

Nadat M-Net Chadwick Boseman se Black Panther verlede Maandagaand gewys het ter ere van die ontslape ster, kan jy nou ook na sy 21 Bridges (2017) op televisie kyk. Al is dit op die oog af ’n doodgewone skiet-skop-en-doodbloei-fliek, verhef Chadwick se spel dit tot ’n drama met ’n stewige held wat nie net met harde karateskoppe en vuishoue reg en orde handhaaf nie, maar ook met breinkrag. As jy Boseman net as Black Panther ken, is dit jou kans om met hom as gesaghebbende akteur kennis te maak. Op Netflix.

Ava ***

Waar Boseman met oorredingsvermoë sy bomenslike taak uitvoer om New York te red, skop Jessica Chastain as ’n uitgeslape sluipskutter en moordenaar haar pad oop na oorwinning in hierdie uitermate aksiebelaaide fliek waarin sy nie net goeie spel lewer nie, maar haar slag as vegter net so oortuigend soos Charlize Theron deesdae wys. Maar dis haar meisiekind-sjarme en emosionele weerloosheid wat eintlik van haar ’n boeiende karakter maak. Maar daar is gif in hierdie angel. ’n Doodgewone, wrede aksieprent nou in rolprentteaters.

Meer oor:  Ava  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.