Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Flieks: The Kissing Booth

The Kissing Booth
 **

Praat van tussen die lolliepop- en die popsiekel-versiersuiker vasgekeer raak. Hierdie konfetti-besprinkelde romantiese komedie se storie is so dun jy kan ’n papiersny daarvan kry.

Twee maatjies word op dieselfde dag gebore en 17 jaar later, ná vele net-net-toemaak-sjoebroekies, gimfikse torso’s, lang knieswembroeke en knypies in die donker beland die twee in ’n soenkamertjie. O, my aarde, volg jy jou hart of jou hormone? In hierdie woer-woer-rondomtalie-makietie is dit die ene gesnuffelry met gepaardgaande gewete en wonder of vriendskap en liefde mekaar ooit kan aanvul.

Die tinktinkie-storietjie sal tieners se puisies laat pop en ouers nuuskierig laat kyk waaroor al die bohaai eintlik gaan...

As jy soos Joey King en Jacob Elordi lyk is dit moontlik! Die tinktinkie-storietjie sal tieners se puisies laat pop en ouers nuuskierig laat kyk waaroor al die bohaai eintlik gaan, net om te ontdek dis soos om ’n boks Smarties op die grond te gooi. Jy kies die blinkste bolletjie en smul kalorie vir kalorie daaraan.

Mooi mense wat opgewonde en narsisties op mekaar verlief raak is aan die orde.

Volgende week die vervolg, The Kissing Booth 23, albei op Netflix. Sou daar ’n verskil wees?

Meer oor:  Fliek  |  The Kissing Booth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.