Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Flieks wat ‘een wêreld’ uitbeeld op fees in Kaapstad
Mads Mikkelsen in ’n toneel uit die Oscar-bekroonde komediedrama ‘Another Round’.

Onlangse rolprente van Suid-Afrika, China, Nigerië, Roemenië, Amerika en Denemarke is deel van die One People-rolprentfees (Opiff).

Dit word tot 2 Mei in die NuMetro-teaters by die Canal Walk-inkopiesentrum in Century City, naby Kaapstad, aangebied.

Te sien is vollengteflieks, dokumentêre rolprente en kortrolprente wat fokus op die lewe in die tyd van die Covid-19-pandemie.

Onder die rolprente is Suid-Afrika se internasionale feestreffer Barakat en vanjaar se Oscarwenner vir beste internasionale rolprent, Thomas Vinterberg se Another Round.

Volgens Hakeem Kae-Kazim, feesdirekteur (wat ook as akteur bekend is), is daar in die seleksie gefokus op rolprente wat stories vertel oor mense, hul taal, kultuur, ras en godsdiens. Opiff probeer volgens Kae-Kazim ’n platform bied vir stories wat “een wêreld” en mense se universele strewes uitbeeld op die silwerdoek. Die fees ondersteun eerste, inheemse mense van die wêreld, asook rolprentvervaardigers uit dié gemeenskappe.

’n Toneel uit ‘Barakat’ met die aktrise Vinette Ebrahim aan die hoof van die tafel.

Drie van die rolprente wat te sien is, is:

Barakat, wat “seëninge” in Arabies beteken. Dit is ’n gesinsverhaal wat vir ’n verandering die fokus verskuif van dwelmhandel, bendes en geweld op die Kaapse Vlakte. Die draaiboekskrywer en regisseur Amy Jephta sê dit fokus ook ’n blik op hul kultuur.

Die familie ter sprake is die Davidse wat bestaan uit die matriarg, Aisha, haar vier seuns en hul vroue. Twee jaar ná die dood van Aisha se man moet sy steeds probeer om die vrede tussen die vier broers te bewaar. Alles kom tot ’n punt toe die gesin Eid al-Fitr vier, oftewel Labarang. Dit kondig die einde van die maand lange Ramadaan aan, waartydens Moslems van dagbreek tot sononder vas. Onder die spelers tel Vinette Ebrahim, Quanita Adams, Leslie Fong en June van Merch.

Generation Free van die regisseur Bianca Thusi handel oor die generasie wat in 1994 in Suid-Afrika gebore is, toe die land se eerste demokratiese verkiesing gehou is. Die rolprent belig die idee van vryheid en wat dit vir mense beteken.

•Another Round laat die soeklig val op ’n groep van vier hoërskoolonderwysers wat meen hulle presteer beter in hul dagtake as hulle ’n sekere hoeveelheid alkohol in hul bloedstroom het. Dit het nagevolge nie net vir hulle nie, maar ook vir hul geliefdes. Mads Mikkelsen vertolk die hoofrol.

Die fees word deur die Kaapstad-metro en die Wes-Kaapse regering ondersteun. Besoek die webblad numetro.co.za vir meer inligting oor die ander rolprente en vertoontye.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.