Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Fliekvlooi: Dié tikmasjien weet nie vir wié hy tik nie

Typewriter ** Mikhail Gandhi en Sara Gesawat. Regisseur: Sujoy Ghosh

Dit is jammer dat ’n reeks met soveel potensiaal en so ’n blink konsep die meeste van die letters op die sleutelbord misslaan. In hierdie spokerige reeks is daar ’n tikmasjien (wat laas in The Shining tot sy reg gekom het!) wat vanself begin tik. Voeg daarby ’n niksvermoedende gesin wat in ’n spokerige huis intrek en ’n groep kinders wat hul lyf spookspeurders hou, en die tafel is gedek vir ’n feesmaal vol verrassings en grieselgeeste. Maar die reeks is onseker oor presies wie die gehoor is. Is dit volwassenes wat van spookstories hou? Is dit gerig op kinders wat graag wegkruipertjie in vervalle huise wil speel? Of is dit vir vraatkykers wat nie kan wag om te sien watter geeste dié slag uit die skaduwees nader kruip nie?

Die eerste episode is ’n watertand pronkstuk soos die meeste loodsepisodes in dié soort reekse maar is. Die kuns is egter om die beloftes, wat in episode een gemaak is, deur te voer, en dit is waar die reeks faal. Die tweede episode voldoen nie aan die verwagtings nie, en uiteindelik word dit ’n doodgewone nabootsingsreeks met ’n blink idee wat die spoor vroeg byster raak.

Dit lyk boonop na die herskryf van vele ander soortgelyke reekse. ’n Mens voel deurgaans, veral ná die mislukte rolprent Polaroid, dat jy dié idee al dikwels tevore gesien het, net in ’n meer suksesvolle, grillerige gedaante.

Trap maar katvoet. Dié reeks skiet die teiken telkens mis.

Meer oor:  Fliekvlooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.