Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Fliekvoorskou: ‘1917’, nuwe ‘Les Mis’ die hoogtepunte

Die skrywer-regisseur sir Sam Mendes se epiese oorlogrolprent 1917 sal vandeesweek boaan fliekvlooie se lys wees. Dit word Vrydag saam met die rolprente Les Misérables en The Grudge in Suid-Afrika uitgereik.

Dié drama bekyk die onmoontlike taak wat twee Britse soldate in die Eerste Wêreldoorlog moet uitvoer om ’n Duitse aanval af te weer.

Mendes se eindproduk is wyd geloof en spog op die webwerf Rotten Tomatoes met ’n punt van 90%. Die komponis Thomas Newman se klankbaan is ook glo ’n hoogtepunt.

Die fliek is onlangs vir nege Bafta-pryse en tien Oscars benoem, nadat dit ook vroeër in die maand die prys vir beste dramarolprent en beste regisseur by die Golden Globes gewen het.

Dani Di Placido skryf in Forbes dat die rolprent op die grootste skerm en met die hardste luidsprekers beleef móét word. Gelukkig word dit in Suid-Afrika in 2D, DBOX en IMAX uitgereik. Ouderdomsbeperking: 13. Tydsduur: 119 min.

* Liefhebbers van musiekspele moenie vandeesweek bedrieg word nie: Die nuwe Franse rolprent Les Misérables is nié ’n musiekspel nie.

In plaas daarvan het die skrywer-regisseur Ladj Ly die skrywer Victor Hugo se welbekende verhaal as ’n raamwerk gebruik en ’n hedendaagse vertelling, wat grootliks deur 2005 se Parys-onluste geïnspireer is, sonder sang op die grootskerm aangebied.

Die storielyn fokus op drie polisielede wat die perke van hul mag in ’n mindere of meerdere mate toets. Wanneer ’n groep kinders en jong mense teen hulle in opstand kom, breek alle hel los – en word kwessies oor polisiegeweld, korrupsie en die vlugtelingkrisis in die kollig geplaas.

Die rolprent is ook wyd geloof en het 83% op Rotten Tomatoes gekry. Dit is ook by die Oscars in die kategorie beste internasionale rolprent benoem.

Les Misérables word in 2D uitgereik. Ouderdomsbeperking: 16 GT. Tydsduur: 102 min.

* Byna tien jaar nadat dit vir die eerste keer geopper is, is die vierde aflewering in die The Grudge-gruwelreeks uiteindelik hier. Het enigiemand daarvoor gevra? Met ’n skamele 17% op Rotten Tomatoes, is die antwoord in alle waarskynlikheid nee.

Hollywood-base het dit egter nodig geag om nog ’n storie te vertel oor die spook met die lang, swart hare wat families in ’n spookhuis bloederig laat ril en gril.

Hoewel meeste kritici dit afgeskiet het, het Nick Allen dit drie (uit vier) sterre op rogerebert.com gegee.

“Hoewel dit nie angswekkend is nie, is The Grudge tog onthutsend,” skryf hy. Dit word nie vir bangbroeke aanbeveel nie.

Die fliek word in 2D uitgereik. Ouderdomsbeperking: 18 GT. Tydsduur: 93 min.

Meer oor:  Oscars  |  1917  |  Les Miserables  |  The Grudge  |  Flieks  |  Sam Mendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.