Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
FOTO’S: Glans en swier op Silwerskerm-fees

Suid-Afrika se blinkste sterre het weer vanjaar in Kampsbaai vir die jaarlikse Silwerskermfees saamgetrek. Die fotograaf Jaco Marais het al die glans en swier op die rolprentfees se blou tapyt vasgevang kort voor die vertonings van 'Fiela se kind' en 'Griekwastad'.

Fiela se kind

Zenobia Kloppers straal op die blou tapyt. Sy vertolk die hoofrol in Fiela se kind, dié van Fiela Komoetie. Foto: Jaco Marais
Cindy Swanepoel is ook in Fiela se kind te sien. Sy vertolk die rol van Barta van Rooyen. Foto: Jaco Marais
Wayne Smith vertolk die rol van Benjamin Komoetie in Fiela se kind. Foto: Jaco Marais
Fiela se kind se twee Ninas: Chiara Roodt vertolk die rol van die jong Nina van Rooyen, en Melissa Willering die rol van die ouer Nina van Rooyen. Foto: Jaco Marais
Lee-Ann van Rooi het die vertoning van Fiela se kind bygewoon. Foto: Jaco Marais
Almal tesame: Die rolverdeling van Fiela se kind. Foto: Jaco Marais

Griekwastad

Die Hollywood-akteur Arnold Vosloo vertolk die rol van die speurder Dick de Waal in Griekwastad, wat die tienermoordenaar Don Steenkamp se saak ondersoek. Foto: Jaco Marais
Alex van Dyk vertolk die rol van Don Steenkamp in Griekwastad. Foto: Jaco Marais
Dit is ’n groot jaar vir Rolanda Marais op vanjaar se Silwerskermfees: Sy is in Griekwastad en Poppie Nongena te sien. Foto: Jaco Marais
Griekwastad se sterre: Arnold Vosloo en Alex van Dyk. Foto: Jaco Marais
Arnold Vosloo (regs) vertolk die rol van die speurder Dick de Waal in Griekwastad. Hier staan Vosloo langs die werklike Dick de Waal. Foto: Jaco Marais
Arnold Vosloo en Tracey Lange, een van die vervaardigers van Griekwastad. Foto: Jaco Marais
In die rolprent Griekwastad vertolk Arnold Vosloo (regs) die rol van die speurder Dick de Waal. Hier staan Vosloo by die ware Dick de Waal en sy vrou, Henriëtte. Foto: Jaco Marais
Arnold Vosloo op die blou tapyt. Foto: Jaco Marais
Die Griekwastad-span. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Silwerskerm19  |  Griekwastad  |  Silwerskermfees  |  Fiela Se Kind  |  Kyknet  |  Fliek  |  Arnold Vosloo  |  Zenobia Kloppers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.