Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Frozen 2’ vuurwarm by die loket
Die geliefde karakters in die gewilde animasiefliek ‘Frozen 2’.

Die fliek Frozen 2 het die afgelope naweek geskiedenis gemaak met die grootste openingsnaweek tot nog toe vir ’n animasiefliek in Suid-Afrika.

Dit is nie net oorsee waar die opvolg van Frozen rekords laat spat het nie, dit blyk Suid-Afrikaners kan ook nie genoeg van die yssprokie kry nie.

Meer as 150 000 mense in Suid-Afrika het tydens die openingsnaweek na die fliek gekyk en dit het reeds meer as R13 miljoen by die loket verdien.

In die eerste Frozen het Elsa gevrees dat haar magte te veel vir die wêreld is, maar in Frozen 2 moet sy hoop dat dit genoeg is. Saam met Anna, Kristoff, Olaf en Sven onderneem sy ’n gevaarlike, maar merkwaardige reis.

Frozen 2 word tans landwyd in fliekteaters vertoon.

Meer oor:  Fliek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.