Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Fyn humor maak dit draaglik

Cold Pursuit

Aksie/swart komedie

***

Liam Neeson is op ’n wraaktog in Cold Pursuit.

Die Engelse uitdrukking “revenge is a dish best served cold” is perfek gepas om dié fliek op te som. Die storie handel oor ’n pa wat ná die moord op sy seun wraak neem. Die aksie vind in die spierwit winterwêreld van Colorado plaas.

Sommige akteurs – soos Keanu Reeves, Bruce Willis en natuurlik Liam Neeson (die eerste Taken-fliek is dalk die beste wraakfliek nóg) – het al in wraakflieks naam gemaak.

Cold Pursuit is Neeson op sy genadelose beste. Hy speel die rol van Nelson “Nels” Coxman, ’n sneeuploeg-operateur wat daarvoor verantwoordelik is om die paaie in die dorpieKehoe, sowat drie uur van Denver, begaanbaar te hou. Hy is ook pas aangewys as Kehoe se inwoner van die jaar en word dus as ’n vooraanstaande lid van die gemeenskap beskou.

Sy seun Kyle werk op Kehoe se lughawe. Nadat sy lyk in Denver gevind is, gaan Coxman en sy afgesaagde haelgeweer op die oorlogspad om die skuldiges te laat boet.

Só begin Coxman verwoesting saai en die lyke begin ophoop. Al is die fliek uiters gewelddadig, is daar ’n fyn streep komedie wat daardeur loop wat, snaaks genoeg, al die bloed en splinters hanteerbaar maak.

Al is die fliek uiters gewelddadig, is daar ’n fyn streep komedie wat daardeur loop.

’n Mens kan nie help om te glimlag wanneer die oorledene se naam ná nóg ’n moord wit op swart op die skerm verskyn, en dit dan soos sneeu wegwaai nie. Aan die einde verskyn die rolverdeling ook met die opskrif “cast in order of disap­pearance”, wat ’n mens laat giggel.

Tom Bateman as die dwelmbaas Trevor “Viking” Calcote skitter en dit is heerlik om dié karakter te verafsku.

Terloops, almal het snaakse byname wat tot die komedie bydra.

Emmy Rossum is ook uitstekend as die vasberade polisievrou Kimberly “Kim” Dash wat sommer vroeg snuf in die neus kry en weet iets vreemds is in Kehoe aan die gang.

Cold Pursuit is ideaal vir aanhangers van Neeson, en vir diegene wat graag vir wraakflieks soos John Wick, Death Wish, Law Abiding Citizen of Taken regskuif.

Met o.a. Liam Neeson, Laura Dern en Emmy Rossum. Regie deur Hans Petter Moland. Die tydsduur is 118 minute en die ouderdomsperk is 16GT.

Meer oor:  Resensies  |  Flieks  |  Cold Pursuit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.