Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Gaan ‘Toy Story’ uiteindelik sy Oscar kry?
Woody en Buzz Lightyear in ‘Toy Story’, waarvan die vierde rolprent vanjaar vir ’n Oscar as beste animasiefliek benoem is.

Die heldhaftige Woody en Buzz Lightyear is enige kind se droomspeelgoedkarakters en vanjaar is hulle weer aan die voorpunt van animasieflieks met ’n benoeming vir ’n Oscar. Toy Story en sy opvolgflieks is drie keer vantevore benoem, maar het net een keer ’n Oscar ontvang, ’n prys vir spesiale prestasie in 1995.

Hy gaan dit vanjaar beslis opdraand kry van die ander vier rolprente op die kortlys: How to Train Your Dragon: The Hidden World, I Lost My Body, Klaus en Missing Link. Eers op 9 Februarie sal die wêreld weet of die rolprent oor die geliefde speelgoed vanjaar ’n regte Oscar losgeslaan het.

Missing Link, met Chris Butler as vervaardiger, is een van die sterk aanspraakmakers nadat Butler in 2012 vir ParaNorman benoem is. Missing Link gaan oor Mr Link, die eensame Bigfoot, wat op ’n epiese reis gaan om sy familie en eie identiteit te kry.

In die jongste How to Train Your Dragon, ook ’n gewilde animasiefliek met opvolgflieks, moet Hiccup en Toothless die onbekende invaar om hul wêreld van die vreesaanjaende Night Fury te red.

Avontuur, jong liefde en kinderherinneringe word in I Lost My Body opgeroep wanneer ’n afgekapte hand kruis en dwars deur Parys vaar op soek na sy eienaar.

Klaus verwys na niemand anders nie as Kersvader, oftewel Santa Claus – ’n speelgoedmaker wat in ’n afgeleë Skandinawiese dorpie woon waar ’n posbode aandoen.

Pixar Animation Studios het vir die skep van die eerste Toy Story die revolusionêre rekenaar-animasie gebruik wat sedertdien die standaardmetode vir dié rolprente geword het. Dit is die einste rekenaaranimasie waarvoor Pixar in 1995 die Oscar vir ’n spesiale prestasie ontvang het.

Die 92ste Oscar-toekenningsgeleentheid word op 9 Februarie in die Dolby-teater in Hollywood gehou en sal regstreeks in 225 lande gebeeldsend word. – Bronne: insider.com, oscars.org, imdb.com.

Meer oor:  Toy Story  |  Oscars2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.