Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Geld gesoek vir prent oor nadraai van plaasaanval
Dian Weys, regisseur van ‘Plaashuis’.

Die ware verhaal van twee vroue van Ficksburg wat ’n plaashuis gaan skoonmaak het ná ’n plaasaanval en -moord, het die jong rolprentmaker Dian Weys (29) só aangeraak dat hy ’n rolprent daarvan wil maak.

Die boervrou was in die hospitaal ná die aanval en die vroue wat gaan skoonmaak het, wou hê sy moet na ’n skoon huis – sonder enige teken van die aanval – terugkom, vertel Weys.

Dié skrywer-regisseur is bekend om die medemenslike en sosiaal-bewuste aanslag van sy prente. Sy kortprent Versnel, wat handel oor die lewensgevaarlike omstandighede waarin paramedici hul werk doen, het enkele jare gelede aandag getrek op die kykNET Silwerskermfees.

Hy soek nou dringend geld om sy jongste kortprent, Plaashuis, te kan maak.

Weys besef die onderwerp van plaasaanvalle is sensitief en hy glo dit is waarom hy die afgelope vier jaar net nie geld deur amptelike kanale soos die Nasionale Rolprent-en-videostigting (NFVF) kon kry om sy prent gemaak te kry nie. Die rolprentspan soek sowat R200 000.

“Ons doen skarebefondsing vir Plaashuis, ons wil die prent dan dadelik gratis aanlyn plaas en so die geld aan die kykers teruggee. Dit blyk nou die enigste opsie te wees.”

Sy invalshoek is om die kyker “ ’n getuie van die verhaal te maak, die spieël terug te draai sodat hulle hulle afvra wat hulle in so ’n situasie sou doen”.

Hy verkies dat gehore hul eie gevolgtrekkings maak, eerder as om self stellings te maak of iets te propageer. Hy wil baie aan die verbeelding oorlaat, sê hy.

“Ek wil nie ’n plaasaanval voorstel nie, dit gaan vir my oor wat daarna gebeur, hoe ’n gemeenskap daarop reageer en wat hulle doen.”

Hy was so geraak deur die vroue se daad van medemenslikheid toe hy daarvan gelees het in Carla van der Spuy se boek Plaasmoord: Slagoffers vertel self, dat hy dadelik die betrokkenes gekontak het en na hulle gery het om met hulle te gesels.

Die akteurs Nicola Hanekom, Martelize Kolver en Albert Pretorius is reeds tot die projek verbind

Weys het B.Com-graad in regte en ’n honneursgraad in Engels aan die Universiteit van die Vrystaat behaal en toe ’n graad asook ’n meestergraad in rolprentstudies aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Twee ander draaiboeke is ook reeds klaar. Dit is ook kortprente, omdat hy glo ’n rolprentmaker bewys homself eers in kortprente.

Aasvoëls handel oor die insleepdienste wat jou motor kom haal ná ’n ongeluk en Bergie vertel die verhaal van ’n polisiebeampte wat boemelaars moet verjaag voor ’n groot marathon.”

Besoek www.plaashuis-kortfilm.com en volg die skakels na skenkings as jy ’n bydrae wil maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.