Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Gelukkige einde wink vir ‘Revolting Rhymes’

“As jy saam met die talentvolste mense ter wêreld werk, werk iets uit,” sê Mike Buckland, produksiehoof van die animasiestudio Triggerfish in Kaapstad, wat pas benoem is vir ’n Oscar vir Revolting Rhymes.

Dié prent is benoem in die kategorie vir beste animasiekortprent.

Die regiseur was Jakob Schuh, wat ook al Oscar-benoeming vir The Gruffalo gekry het, en Jan Lachauer, wat beoem is vir ’n Oscar vir Room on the Broom. Bin Han To is die mederegisseur.

Tiggerfish was saam met die Berlynse Magic Light verantwoordelik vir die animasie.

Revolting Rhymes is reeds bekroon met ’n Grand Crystal by die Annecy-rolprentfees in Frankryk en het die prys as beste animasieprent gewen by die Baftas vir kinderprente. Dit is ook benoem vir 2018 se Emmy Kids, die Annie-pryse en die Britse animasiepryse.

Buckland, wat in Zimbabwe gebore is, sê dit is totaal onwerklik.

“Ons het daarvan gedroom om Oscars te wen. Jy begin ’n animasiestudio met dié droom, maar om te dink dit kan ’n werklikheid word . . . Daar is ’n baie groot kloof tussen dié twee.”

Revolting Rhymes is geskoei op rympies van Roald Dahl waarin tradisionele kinderverhale ’n ietwat onheilspellende kinkel in die stert (met ’n goeie dosis swart humor) kry.

Vir die prent span hulle die karakters Sneeuwitjie, Rooikappie en die drie varkies in.

Waar Dahl se “afskuwelike” rympies elkeen ’n afsonderlike storie vertel, het die span van die verhale ineengevleg om ’n eie storie met ’n eiesoortige aanslag te vertel.

En binnekort hoor hulle of hul eie verhaal ’n baie gelukkige einde gaan hê.

Die ander prente in die kategorie vir die beste animasiekortprent is Dear Basketball, Garden Party, Lou en Negative Space

Meer oor:  Triggerfish  |  Oscar  |  Animasie  |  Revolting Rhymes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.