Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Gewilde ‘9 to 5’ weer opge-Dolly vir ’n nuwe gehoor

’n Opvolg van die gewilde rolprent 9 to 5 uit 1980 word eersdaags verfilm.

Lily Tomlin, Dolly Parton en Jane Fonda in die oorspronklike 9 to 5.

Die aktrise Lily Tomlin, Jane Fonda en Dolly Parton hervat hul rolle in dié opvolg waarin drie jong karakters by hulle vir raad kom aanklop. Hulle vertolk drie voormalige sekretaresses wat destyds ’n aaklige, patriargale baas getakel het om die werksomgewing minder diskriminerend teen vroue te maak.

Die drie jonger karakters wonder wat het van die drie sekretaresses geword wat bykans 40 jaar gelede al die veranderinge in die werksplek teweeg gebring het.

Tomlin, Fonda en Parton se karakters is nou almal suksesvolle sakevroue.

Die aktrise, skrywer en vervaardiger Rashida Jones () wat die opvolg skryf, snoer kragte saam met Patricia Resnick wat die oorspronklike draaiboek geskryf het.

“Ons het twee tekste en ons wag vir die laaste herskrywing,” het Parton gesê toe sy onlangs op die HLN-program Morning Express with Robin Meade verskyn het.

“So ek skat dat ons binne die volgende paar maande in produksie sal wees.”

Lily Tomlin, Dolly Parton en Jane Fonda keer terug as dieselfde karakters in die opvolgfliek wat eersdaags verfilm word.

Parton, wat destyds die fliek se temalied geskryf en gesing het, het ook gepraat oor hoe dit is om ’n baas te wees.

“Ek dink ek is ’n goeie baas. Ek is ’n skeppende baas. Maar as jy vir my sê jy gaan iets doen, sal jy dit doen. Indien nie, gaan jy nie vir lank in die omtrek wees nie.”

Tomlin het in April gesê sy wens dat sy lank genoeg sal leef om die opvolgfliek te sien.

Tomlin wat in September 80 jaar oud word en Fonda (81) het in Januarie op The Ellen Degeneres Show oor die opvolg gepraat. Parton is 73.

Tomlin en Fonda speel ook in die Netflix-reeks Grace and Frankie, wat vir ’n sesde seisoen hernu is.

Die rolprent 9 to 5 is in 1980 uitgereik.
Meer oor:  Dolly Parton  |  Lily Tomlin  |  Jane Fonda  |  Flieks  |  The Ellen Degeneres Show  |  9 To 5
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.