Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Golden Globes-benoemings: Netflix neem voortou

Die Netflix-rolprent Marriage Story het die meeste Golden Globes-benoemings ontvang.

Die drama, wat ’n egpaar se egskeiding intiem bekyk, het ses benoemings ontvang – beste rolprent (drama), beste akteur (Adam Driver), beste aktrise (Scarlett Johansson), beste byspeelster (Laura Dern), beste draaiboek (Noah Baumbach) en beste klankbaan (Randy Newman).

Nog ’n Netflix-rolprent, The Irishman, en Quentin Tarantino se Once Upon a Time in Hollywood is ’n kortkop agter Marriage Story met vyf benoemings elk, terwyl Joker en The Two Popes met vier benoemings elk kan spog.

Die Suid-Koreaanse rolprent Parasite, wat die gunsteling is om ’n Oscar in die kategorie beste internasionale rolprent te wen, het drie benoemings ontvang, insluitende beste rolprent in ’n uitheemse taal en beste regisseur (Bong Joon-ho).

Netflix het ook die voortou geneem in die TV-kategorie: Die reekse The Crown (Netflix), Unbelievable (Netflix) en Chernobyl (HBO) het elk vier Golden Globes-benoemings ontvang.

Sewe ander TV-reekse – Barry, Big Little Lies, Succession, The Morning Show, Fleabag, The Kominsky Method en Fosse/Verdon – het elk drie benoemings ontvang.

Die benoemings in 25 kategorieë is Maandagmiddag (Suid-Afrikaanse tyd) deur die akteurs Tim Allen, Susan Kelechi Watson en Dakota Fanning aangekondig.

Die Golden Globes sal op 5 Januarie in die Beverly Hilton-hotel in Beverly Hills, Kalifornië, uitgedeel word.

Die akteur Tom Hanks sal tydens die prysuitdeling die Cecil B. DeMille-prys kry en die komediant en TV-aanbieder Ellen DeGeneres die Carol Burnett-prys vir hul lewenswerk.

Die prysuitdeling sal vir die vyfde keer deur die Britse komediant en akteur Ricky Gervais aangebied word.

Hier is die volledige lys van benoemings:

Rolprente

Beste rolprent – drama:

  • 1917
  • Joker
  • Marriage Story
  • The Irishman
  • The Two Popes

Beste vertoning deur ’n aktrise in ’n drama:

  • Charlize Theron (Bombshell)
  • Cynthia Erivo (Harriet)
  • Renée Zellweger (Judy)
  • Saiorse Ronan (Little Women)
  • Scarlett Johansson (Marriage Story)
Renée Zellweger is benoem vir beste aktrise (drama) vir haar rol in ‘Judy’. Foto: LD Entertainment / TheWrap (stet)
Zellweger se grootste teenstander in die kategorie beste aktrise (drama) is Charlize Theron, wat benoem is vir haar rol in ‘Bombshell’.Foto: Lionsgate / IndieWire

Beste vertoning deur ’n akteur in ’n drama:

  • Adam Driver (Marriage Story)
  • Antonio Banderas (Pain and Glory)
  • Christian Bale (Ford v Ferrari)
  • Joaquin Phoenix (Joker)
  • Jonathan Pryce (The Two Popes)
Adam Driver is benoem vir beste akteur (drama) vir sy rol in ‘Marriage Story’. Foto: Netflix / Los Angeles Times
Joaquin Phoenix is die voorloper in die kategorie beste akteur (drama) vir sy rol in ‘Joker’.Foto: Warner Bros. / IndieWire

Beste rolprent – komedie of musiekspel:

  • Dolemite Is My Name
  • Jojo Rabbit
  • Knives Out
  • Once Upon a Time in Hollywood
  • Rocketman

Beste vertoning deur ’n aktrise in ’n musiekspel of komedie:

  • Ana de Armas (Knives Out)
  • Awkwafina (The Farewell)
  • Beanie Feldstein (Booksmart)
  • Cate Blanchett (Where’d You Go, Bernadette?)
  • Emma Thompson (Late Night)

Beste vertoning deur ’n akteur in ’n musiekspel of komedie:

  • Daniel Craig (Knives Out)
  • Eddie Murphy (Dolemite Is My Name)
  • Leonardo DiCaprio (Once Upon a Time in Hollywood)
  • Roman Griffin Davis (Jojo Rabbit)
  • Taron Egerton (Rocketman)

Beste animasierolprent:

  • Frozen II
  • How to Train Your Dragon: The Hidden World
  • Missing Link
  • The Lion King
  • Toy Story 4

Beste rolprent in ’n uitheemse taal:

  • Les Misérables (Frankryk)
  • Pain and Glory (Spanje)
  • Parasite (Suid-Korea)
  • Portrait of a Lady on Fire (Frankryk)
  • The Farewell (VSA)

Beste byspeelster in ’n rolprent:

  • Annette Bening (The Report)
  • Jennifer Lopez (Hustlers)
  • Kathy Bates (Richard Jewell)
  • Laura Dern (Marriage Story)
  • Margot Robbie (Bombshell)

Beste byspeler in ’n rolprent:

  • Al Pacino (The Irishman)
  • Anthony Hopkins (The Two Popes)
  • Brad Pitt (Once Upon a Time in Hollywood)
  • Joe Pesci (The Irishman)
  • Tom Hanks (A Beautiful Day in the Neighborhood)

Beste regisseur:

  • Bong Joon-ho (Parasite)
  • Martin Scorsese (The Irishman)
  • Quentin Tarantino (Once Upon a Time in Hollywood)
  • Sam Mendes (1917)
  • Todd Phillips (Joker)

Beste draaiboek:

  • Anthony McCarten (The Two Popes)
  • Bong Joon-ho en Han Jin-won (Parasite)
  • Noah Baumbach (Marriage Story)
  • Quentin Tarantino (Once Upon a Time in Hollywood)
  • Steve Zaillian (The Irishman)

Beste oorspronklike klankbaan:

  • Alexandre Desplat (Little Women)
  • Daniel Pemberton (Motherless Brooklyn)
  • Hildur Guðnadóttir (Joker)
  • Randy Newman (Marriage Story)
  • Thomas Newman (1917)

Beste oorspronklike lied:

  • “(I’m Gonna) Love Me Again” (Elton John en Bernie Taupinc, Rocketman)
  • “Beautiful Ghosts” (Andrew Lloyd Webber en Taylor Swift, Cats)
  • “Into the Unknown” (Kristen Anderson-Lopez en Robert Lopez, Frozen II)
  • “Spirit” (Timothy McKenzie, Ilya Salmanzadeh en Beyoncé, The Lion King)
  • “Stand Up” (Joshuah Brian Campbell en Cynthia Erivo, Harriet)

TV

Beste TV-reeks – drama:

  • Big Little Lies
  • Killing Eve
  • Succession
  • The Crown
  • The Morning Show

Beste vertoning deur ’n aktrise in ’n drama:

  • Jennifer Aniston (The Morning Show)
  • Jodie Comer (Killing Eve)
  • Nicole Kidman (Big Little Lies)
  • Olivia Colman (The Crown)
  • Reese Witherspoon (The Morning Show)

Beste vertoning deur ’n akteur in ’n drama:

  • Billy Porter (Pose)
  • Brian Cox (Succession)
  • Kit Harington (Game of Thrones)
  • Rami Malek (Mr. Robot)
  • Tobias Menzies (The Crown)

Beste TV-reeks – musiekspel of komedie:

  • Barry
  • Fleabag
  • The Kominsky Method
  • The Marvelous Mrs. Maisel
  • The Politician

Beste vertolking deur ’n aktrise in ’n musiekspel of komedie:

  • Christina Applegate (Dead to Me)
  • Kirsten Dunst (On Becoming a God in Central Florida)
  • Natasha Lyonne (Russian Doll)
  • Phoebe Waller-Bridge (Fleabag)
  • Rachel Brosnahan (The Marvelous Mrs. Maisel)

Beste vertolking deur ’n akteur in ’n musiekspel of komedie:

  • Ben Platt (The Politician)
  • Bill Hader (Barry)
  • Michael Douglas (The Kominsky Method)
  • Paul Rudd (Living with Yourself)
  • Ramy Youssef (Ramy)

Beste beperkte TV-reeks of -rolprent:

  • Catch-22
  • Chernobyl
  • Fosse/Verdon
  • The Loudest Voice
  • Unbelievable

Beste vertolking deur ’n aktrise in ’n beperkte reeks of TV-rolprent:

  • Helen Mirren (Catherine the Great)
  • Joey King (The Act)
  • Kaitlyn Dever (Unbelievable)
  • Merritt Wever (Unbelievable)
  • Michelle Williams (Fosse/Verdon)

Beste vertolking deur ’n akteur in ’n beperkte reeks of TV-rolprent:

  • Christopher Abbott (Catch-22)
  • Jared Harris (Chernobyl)
  • Russell Crowe (The Loudest Voice)
  • Sacha Baron Cohen (The Spy)
  • Sam Rockwell (Fosse/Verdon)

Beste byspeelster in ’n reeks, beperkte reeks of TV-rolprent:

  • Emily Watson (Chernobyl)
  • Helena Bonham Carter (The Crown)
  • Meryl Streep (Big Little Lies)
  • Patricia Arquette (The Act)
  • Toni Collette (Unbelievable)

Beste byspeler in ’n reeks, beperkte reeks of TV-rolprent:

  • Alan Arkin (The Kominsky Method)
  • Andrew Scott (Fleabag)
  • Henry Winkler (Barry)
  • Kieran Culkin (Succession)
  • Stellan Skarsgård (Chernobyl)
Meer oor:  Unbelievable  |  Chernobyl  |  Tv  |  The Crown  |  Golden Globes  |  Flieks  |  Marriage Story
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.