Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Griekse liedjies en sommer ’n Grotman ook!

Helene Bester sing Nana Mous­kouri. Met: Helene Bester. Regisseur: Frans Swart

Sy het al tevore hierdie legendariese sangeres se liedjies gesing, maar telkens bring He­lene Bester iets nuuts na haar vertonings.

Helene het onlangs gesê dat sy ’n rukkie gelede uitgevind het dat Nana Mouskouri meer as 200 albums in minstens 12 tale uitgereik het.

Dié konsert is Helene se huldeblyk aan hierdie grootse vrou. Sy sing van Mouskouri se bekendste en minder bekende liedjies.

Die regisseur Frans Swart is vol lof vir Helene: “As Helene daardie Nana-bril opsit, dan wórd sy in der waarheid Nana Mous­kouri.”

Drie Rapport Beleef-lesers kan elk ’n kaartjie wen om na Helene Bester sing Nana Mous­kouri te kyk. SMS ‘Wen Nana Rapport’, gevolg deur jou naam en van na 43366. Standaard SMS-tariewe geld. Jy kan ook dieselfde inligting en jou telefoonnommer per e-pos na wen@lef­ra.com stuur. Wenners sal telefonies gekontak word.

Helene tree vanmiddag om 17:00 aanlyn op om ’n vrou se lewe te vier wat ’n bepalende invloed op haar eie loopbaan as sangeres gehad het.

Kaartjies kos R180 per huishouding, dus kan die hele gesin saamkyk.

Bespreek by www.itickets.co.za of skakel 011 815 3000.

Nog goeie nuus is dat ’n tweede trefferproduksie op openbare aandrang terug is. Wynand van Vollenstee tree aanlyn op Sondag 25 Julie om 17:00 op in Groet die Grotman 2.

Dan kan jy sien hoekom mans en vroue soms vassit . . .

Kaartjies kos R180 vir die huishouding. Bespreek by orders­@itickets.co.za.

Ouderdomsperk: 16.

Meer oor:  Op Die Verhoog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.