Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Grilplesier, Cannes-wenner is onder ses rolprente
’n Toneel uit die Lebanese rolprentmaker Nadine Labaki se dramatiese rolprent Capernaum is verlede jaar 15 minute lank toegejuig toe dit op die Cannes-rolprentfees.

Ses nuwe rolprente wag dié Paasnaweek op fliekvlooie – daar is te kus en te keur...

*Die Lebanese rolprentmaker Nadine Labaki se dramatiese rolprent Capernaum is verlede jaar 15 minute lank toegejuig toe dit op die Cannes-rolprentfees vertoon is. Dit het later op dieselfde fees die Jury-toekenning ontvang, waarna ’n Oscar-benoeming as beste buitelandse rolprent gevolg het.

Geen beroepsakteurs is in die rolprent te sien nie. Trouens, Zain al Rafeea, ’n vlugtelingseun van Sirië, vertolk die hoofrol.

Dit handel oor ’n 12-jarige seun wat eers sy ouers dagvaar omdat hulle hom in só ’n chaotiese wêreld ingebring het. Hy loop weg van die huis af en gaan woon in ’n krotbuurt.

Tog besef hy later dat sy ouers ook slagoffers soos hy is.

Die verhaal speel af in Beiroet, maar die storie is universeel. Dit was op ’n hele paar resensente se top-10-lysie as die beste rolprent in 2018.

The New York Times se A.O.Scott het gejuig oor die prent en Labaki geloof daarvoor dat sy wys hoe mense in die grootste nood of verskrikking steeds met humor, dapperheid en lewenslus kan lééf.

The New York Times se A.O.Scott het gejuig oor die prent en Labaki geloof daarvoor dat sy wys hoe mense in die grootste nood of verskrikking steeds met humor, dapperheid en lewenslus kan lééf.

*Die komiese rolprent Kandasamys: The Wedding is ’n opvolg van die rolprent Keeping up with the Kandasamys. Dit handel oor twee matriarge van die Chatsworth wat graag in hul kinders se lewens krap en dit dikwels deurmekaarkrap met verreikende gevolge.

Hier lol hulle weer met hul kinders wat binnekort huweliksmaats gaan word. Die regisseur is Jayan Moodley, die hoofspelers is Jailoshini Naidoo en Maeshni Naicker. Die ouderdomsperk is 10 tot 12 en ouerleiding word aanbeveel.

* Little handel oor ’n ryk sakevrou wat as volwassene ander net opdraande gee. As gevolg van ’n sameloop van omstandighede verander sy oor­nag in ’n veel jonger weergawe van haarself, maar poog om haar volwasse lewe voort te sit. Haar assistent het nou die geleentheid om vir háár hel te gee. Tina Gordon is die regisseur van die komiese fantasiedrama.

*Stephen King se romans beloof altyd rillerleesplesier. Dit is nie altyd die geval met die rolprentverwerkings van sy boeke nie. Die tweede weergawe van sy grieselrige Pet Sematary word as ’n bonatuurlike grildrama beskryf. Dit handel oor ’n gesin wat ’n raaiselagtige begraafplaas in die woud agter hul nuwe huis ontdek.

Die prent word ook in 4DX uitgereik. 

e besig te hou. Dit handel oor ’n babahondjie wat sy intrek neem in Buckingham-paleis en deur die ouer honde touwys gemaak word. Sy avontuurlustige streep laat hom gou in die moeilikheid beland.

*St Judyis ’n Amerikaanse biografiese drama wat handel oor die ware Judy Wood, ’n immigrasie-prokureur, wat vroue in hul aansoeke om asiel bystaan. Michelle Monaghan vertolk die hoofrol.

Meer oor:  Pet Sematary  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.