Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Groot aksie op Roodepan vir skiet van ‘Liesbet’

Rolprentmakers soos Eric Kok, wat sy fliek Liesbet die afgelope drie weke in Roodepan buite Kimberley skiet, sal altyd planne maak om probleme op te los. Dit sluit in reën wat die stel beskadig of wanneer beurtkrag verhoed dat die toerusting se batterye herlaai.

Kok, regisseur en skrywer, sê niks staan in sy pad om sy droom te bewaarheid en die rolprent op die grootskerm te vertoon nie.

Die prent is gegrond op ’n verhaal wat hy jare gelede geskryf het.

Eric Kok, regisseur en skrywer, merk die plek waar die rolprentkamera vir ’n sekere toneel staangemaak moet word. Foto’s: Charné Kemp

“Dit handel oor Liesbet wat agter in iemand se werf in ’n klein huisie bly in ’n poging om geld te spaar. Haar groot droom is om eendag haar eie huis te besit. Maar haar dwelmverslaafde dogter daag op ’n dag op om haar seun, Liesbet se kleinseun, te kom haal. Dit is wanneer die probleme begin en Liesbet moet tussen haar droom en haar liefde vir haar gesin kies.”

Magdalena Isaacs vertolk die hoofrol.

“Ek leef my so in die rol in dat ek snags daarvan droom. Ek geniet dit vreeslik om die rol te vertolk, ek raak heel emosioneel,” sê sy.

Roodepanners is opgewonde omdat die rolprent 'Liesbet' in hul gebied geskiet word.

Kok sê hy het met die oudisies dadelik geweet dat Isaacs die regte aktrise vir die rol is.

“Haar vertolking is uitstekend.”

Sowat 80% van die storie speel in en om Liesbet se huis af.

“Ons het ’n stel gebou met ’n huis wat groot genoeg is om die kameras en beligting te hanteer. Ek was omtrent moedeloos toe die wind en reën dit in die eerste week omgewaai het en ons dit moes oorbou. Die span is ook deur water- en kragonderbrekings gekortwiek. Ons kon elke keer ’n ander plan maak.

“In die tyd wat die huis oorgebou is, kon ons by ’n ander huis skiet. Dit is die huis van mnr. Daniels, die man op wie se werf Liesbet bly.”

Tussen die rolprentmakery deur het Kok in Jeugmaand ook op twee geleenthede jong mense toegespreek oor hoe om hul drome in uitdagende omstandighede te verwesenlik.

Die akteurs Magdalena Isaacs en Nathan Hoogstander, wat die rolle van onderskeidelik Liesbet en ’n handlanger van ’n bendebaas vertolk, in ’n toneel in die rolprent.
Meer oor:  Skrywer  |  Rolprent  |  Regisseur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.