Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Grootskerm bring die naweek heerlike kykgenot
Dixie Egerick vertolk die hoofrol in “The Secret Garden”.

Fliekgangers kan die naweek na ’n klassieke gesinsprent asook ’n aksie-avontuur op die grootskerm uitsien.

*Die immergroen, klassieke kinderboek van Frances Hodgson Burnett The Secret Garden is opnuut vir ’n nuwe geslag vir die silwerdoek verwerk.

Die handel oor ’n weeskind wat by haar streng oom op ’n verlate landgoed op die Britse platteland gaan woon. Hier ontdek sy ’n geheime tuin, ’n tuin met magiese magte wat haar gelukkiger stem en die lewe op die afgesonderde plek draagliker maak.

Die prent speel in die laat 1940’s in Engeland af. Die hoofspelers is onder andere Colin Firth, die wewenaar-oom wat sukkel om die dood van sy vrou te verwerk, Julie Walters, wat die huishoudster vertolk, en Dixie Egerick, wat die rol van die hardkoppige jong weeskind, Mary Lennox, speel. Die regisseur is Marc Munden.

Lovia Gyarkye van die New York Timesmeen dit is ’n sjarmante en hoopvolle rolprent, wat veral ’n perfekte stemming oordra in hierdie tyd van die pandemie waarin mense van hul sekerhede beroof word. Volgens haar sal hierdie prent oor smart en verlossing die mees siniese mens laat vermurwe.

Mary se eensaamheid veroorsaak dat sy die terrein verken en die tuin vind. In die tuin geld ander reëls, want daar is towerkrag en fantasie. Sy ontmoet ook vir die heel eerste keer haar sieklike nefie Colin (Edan Hayhurst) en maak ook vriende met die avontuurlustige Dickson (Amir Wilson), wie se broers die terrein versorg.

Die tydsduur van die prent is 96 minute. Ouerleiding word aanbeveel.

*In die aksieriller The Doorman is Ruby Rose en Jean Reno in die hoofrolle. Rose is te sien as Ali, ’n eertydse soldaat, wat haar nefie en niggie red van gewapende rowers wat kunswerke uit ’n gebou in New York wil steel. Ali, het eintlik die Amerikaanse vloot verlaat om na haarself om te sien en die trauma wat sy beleef het as soldaat, agter haar te laat. Sy begin dus werk as ’n deurwag, maar kom so in aanraking met ’n paar twyfelagtige karakters. Rose sal onthou word vir haar rol in Orange is the New Black en is die nuwe Batwoman.

Die regisseur is Ryuhei Kitamura.

Meer oor:  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.