Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Hier kan jy ‘Paljas’, ‘Mr. Bones’ gratis kyk
Ellis Pearson en Larry Leyden in ‘Paljas’. Foto: Argief

Die Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger Anant Singh het tien van die gewildste rolprente van sy onderneming, Videovision Entertainment, weens die Covid-19-pandemie plaaslik gratis aanlyn beskikbaar gestel.

“Terwyl die president met die staat van inperking stappe doen om die verspreiding van die koronavirus onder bedwang te hou, het ons gevoel dit is belangrik om van ons rolprente vir die nasie gratis aanlyn aan te bied,” sê Singh in ’n mediaverklaring.

“Ons het rolprente gekies wat Suid-Afrikaners se gunstelinge is.”

Die tien rolprente sluit in:

  • Katinka Heyns se 1997-rolprent, Paljas
  • Sarafina! met Leleti Khumalo en Whoopi Goldberg in die rolverdeling
  • Leon Schuster se skreeusnaakse komedie Mr. Bones
  • die Oscar-benoemde Yesterday
  • Red Dust met die tweemalige Oscar-wenner Hilary Swank in die hoofrol
  • 2010 – Once in a Lifetime
  • Celebrating Mandela One Hundred
  • Countdown to Freedom
  • A Hero for All
  • Ahmed Kathrada: A Man for all Seasons.

Die rolprente sal tot 16 April gratis op Videovision Entertainment se Vimeo-blad gestroom kan word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Leon Schuster  |  Katinka Heyns  |  Flieks  |  Covid-19  |  Anant Singh
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.