Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Hollywood maak fliekvlooie lus
Jake Sully in Avatar. Vier vervolgprente van die loketreus is in aantog in vir die volgende agt jaar.

Vier splinternuwe vervolgprente van James Cameron se Avatar plus nog een van Hollywood se langverwagte vervolgprente, Deadpool 2, se uitreikdatums in Amerika is die naweek bekend gemaak.

Avatar, Cameron se epiese wetenskapfiksieprent van 2009, het nie net loketrekords verslaan nie, maar ook rolprentgeskiedenis gemaak met die stereoskopiese tegnologie. Dit het egter net Oscars gekry vir tegniese versorging. Cameron het tien jaar gewag voor die tegnologie om die prent te maak beskikbaar was - nou het hy nog tien jaar opsygesit om sy visie behoorlik gestand te doen. Waar die eerste loketrekords verbeter het, word dieselfde van die vier nuwe prente verwag.

Cameron het Saterdag op sy amptelike Faceboek-blad bekend gemaak dat die vervolgprente gedurende die besige Desembermaande uitgereik word – maar eers op 18 Desember 2020, 17 Desember 2021, 20 Desember 2024 en 19 Desember 2025.

Cameron het nog niks oor die akteurs of die verhaallyne verklap nie. “Ons het besluit om ’n werklik omvangryke rolprentprojek aan te pak, met vier epiese prente wat kom. Elkeen sal op eie bene kan staan, maar dit vorm saam ’n geheel.”

* Steve McQueen, bekend om die Oscarbekroonde rolprent 12 Years a Slave, se rampokkerprent Widows is ook nou in die pylvak. Viola Davis speel die rol van een van die weduwees wat op die oorlogspad is in dié verwerking van Lynda La Plante se Britse reeks. Die uitreikdatum is 16 November 2018.

Ryan Rynolds as die vuilbeksuperheld in Deadpool.

* Die aweregse en ongepoetse Deadpool met Ryan Reynolds as die vuilbeksuperheld is in Februarie verlede jaar uitgereik en het meer as $783 miljoen verdien by die loket. Reynolds is weer in die naamrol en is ook vervaardiger van die tweede avontuur. David Leitch is die regisseur vir dié uittog. Nuwe gesigte is Zazie Beetz as Domino en Josh Brolin as Cable. Dit word op 2 Junie 2018 uitgereik.

Ander superheldrolprente in aantog is New Mutants, geïnspireer deur X-Menen Dark Phoenix, met die tragiese superheldin Jean Grey gespeel deur Sophie Turner. New Mutants open op 13 April 2018 en Dark Phoenix op 2 November 2018.

* Tom Hanks en Meryl Streep sal te sien wees in Steven Spielberg se The Post wat 22 Desember vanjaar begin draai. Dit handel oor die redakteur van die Washington Post, Ben Bradlee, en die uitgewer van die Post, Katharine Graham wat die Amerikaanse regering aanvat oor die publikasie van omstrede dokumente in verband met die Vietnam-oorlog in 1971.

*Datums van uitreiking in Suid-Afrika is nog nie bekend nie, maar is gewoonlik knap ná Amerika.

Meer oor:  Deadpool  |  Flieks  |  Hollywood  |  Avatar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.