Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘I’m a Barbie girl, in a Barbie world . . .’
Margot Robbie

Die Australiese aktrise Margot Robbie sal die rol van Barbie vertolk in die eerste vollengte fliek oor die ikoniese pop.

Die speelgoedvervaardiger Mattel en die rolprentvervaardigers Warner Bros werk saam aan die fliek.

Robbie (28) is ’n medevervaardiger.

Nog niks is verklap oor die fliek se titel of die draaiboek nie.

Robbie, wat vir ’n Oscar benoem is vir haar rol in 2017 se I, Tonya, sê sy hoop die fliek sal ’n positiewe invloed op kinders en gehore wêreldwyd hê.

Barbie het in haar bestaan van 60 jaar al meer as 200 loopbane gevolg, waaronder as ’n ruimtevaarder en onderwyseres.

Sy is ook in 1997 verewig in die satiriese liedjie “Barbie Girl” deur die Skandinawiese popgroep Aqua. – Reuters

Meer oor:  Fliek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.