Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
In ‘Swirl’ laat Quanita Adams hare die praatwerk doen

Sy het nou al 43 jaar met haar eie hare saamgeleef. Sy het ’n verhouding daarmee en mense takseer haar daarop.

So sê Quanita Adams, skrywer en regisseur van die rolprent Swirl: A Letter to Hair on the Cape Flats.

Quanita Adams is die skrywer en regisseur van ‘Swirl: A Letter to Hair on the Cape Flats’.

’n Rolprent oor hare, spesifiek die hare van mense van die Kaapse Vlakte. Hare wat ’n lewe van hul eie het. Dit is almal se storie, meen Adams, bekend as aktrise vir haar rol in Sara se geheim en Arendsvlei.

“Dit is oor ons oumas, ma’s en dogters.” Sy raak ook in die rolprent die kwessie van “goeie hare” aan en die gedagte dat jy net “ordentlik lyk” met reguit hare.

“As kind het my hare soos ’n gordyn gehang en in my tienerjare het my hare huis toe gegaan. Skielik het ek agtergekom dat van my eie familielede, die bure en lede van die gemeenskap my anders bekyk oor my hare. My hare is my politiek, my feminisme, my identiteit . . . Ek is bekkig en lekker astrant daaroor, dit is my super power.

Shaleen Surtie-Richards, Chanelle Davids, Vinette Ebrahim en Ilse Klink in ‘Swirl: A Letter to Hair on the Cape Flats’. Foto: kykNET

“Hare is gereeld in die nuus, dink aan die onlangse storie oor ’n sekere kettingwinkel en ’n kwetsende sjampoe-advertensie, dink aan die skole en die hantering van meisies se hare. Daar is altyd drama en dynamics oor hare!” Dit is dié dat sy die pen opgeneem het en ook in die regiestoel ingeskuif het vir haar eerste rolprent. Met Swirl wil sy “gesprekke ontlok”.

Die rolprent handel oor Elaine Williams (Chanelle Davids) wat droom van haar eie haarsalon waar sy hare “tot onderdanigheid wil tem”. Sy is op “kroes-control”. Toe word sy uit die haarkollege geskop en sy moet plan sien om die pot aan die kook te hou.

Adams het ’n droomrolverdeling saamgestel met Shaleen Surtie-Richards, Basil Appollis, Vinette Ebrahim, Ilse Klink en Veronique Jephtas.

“Ek het met van hierdie akteurs in my kop geskryf – elkeen van hulle kry ’n monoloog waarin hulle oor hul hare praat. Jou hare is soos ’n vaste accessory, jy kan nie ontslae raak daarvan nie.”

Vinette Ebrahim met ’n nuwe blonde kapsel in ‘Swirl: A Letter to Hair on the Cape Flats’. Foto: kykNET

Dit is haar debuutrolprent en sy wil nog baie stories vertel, sê Adams.

“Dit was so ’n positiewe ervaring. Soms het ek onseker gevoel, dan het ek opgekyk en gesien hoe die legends, hierdie ikone my woorde lees en my aanmoedig.”

Swirl word Sondag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai en sal ook op Showmax beskikbaar wees. Nagvlug Films is die vervaardiger.

• Adams sing “She’s a Girl”, die temalied van Swirl. Dit is deur Marc Hendricks geskryf.

Meer oor:  Quanita Adams  |  Swirl  |  Akteurs  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.