Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Is jy dalk die nuwe Spielberg of Scorsese? Skryf in!
Luize Kroukamp (hoof van kultuur) en Jan-Hendrik Opperman (hoof van kreatiewe kunste en drama) by Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch.Foto: Charmaine Sander

Ligte! Kamera! Aksie! Hoërskoolleerlinge wat daarvan droom om rolprente te maak, kan nou aan Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch se nuwe kompetisie deelneem.

Leerlinge van Suid-Afrika én Namibië kan inskryf.

Die Filmit-kompetisie gaan jaarliks aangebied word en is die idee van Luize Kroukamp (hoof van kultuur) en Jan-Hendrik Opperman (hoof van kreatiewe kunste en drama) by Paul Roos Gimnasium.

Die kompetisie is welkome nuus in ’n tyd dat Covid-19 baie kulturele bedrywighede, soos toneelfeeste en -kompetisies, vir hoërskoolleerlinge hokgeslaan het.

Leerlinge moet hul beoogde konsep in twee minute op kamera uiteensit en dan aanlyn indien. Die beste 20 konsepte sal deur ’n beoordelaarspaneel uitgesoek word. Die spanne van 20 skole sal dan aanlyn klasse deur bekendes in die plaaslike rolprentbedryf asook omliggende Afrika-lande bywoon. Skole word aangemoedig om in spanverband te werk deur die vaardighede van leerlinge uit verskillende departemente in te span.

Alle konsepaanbiedings moet teen 14 Junie ingedien wees. Die goedgekeurde konsepte sal op die 21 Junie aangekondig word en meesterklasse begin op 28 Junie. Die sperdatum vir die voltooide prente is 11 Oktober.

’n Ontwerp vir ’n rolprentplakkaat moet ook dan ingedien word. Die publiek sal ook die geleentheid kry om na die 20 flieks te kyk en te stem. Dié stem dra 10% tot die beoordelingsproses by. Die wenners word op 8 November bekend gemaak.

Die kategorieë is soos volg:

• Beste rolprent (aan ’n skool/produksiespan toegeken)

• Beste regisseur

• Beste draaiboek

• Beste kinematograaf/videograaf

• Beste rolprentmusiek/partituur

• Beste spesiale effekte/kreatiwiteit op stel

• Beste akteur en aktrise in ’n hoofrol

• Beste akteur en aktrise in ’n ondersteunende rol

• Beste grafiese ontwerper (rolprentplakkaat)

’n Kontantprys en ’n opvoedkundige prys word in elke kategorie toegeken. Opvoedkundige pryse behels mentorskapsessies met bedryfslui.

Die doel is om die kompetisie jaarliks aan te bied om die jeug te inspireer om aktiewe deelnemers, bydraers en skeppers in die Suid-Afrikaanse en wyer Afrika-bedryf te word. Leerlinge word aangemoedig om met so min as moontlik toerusting te werk. Slegs slimfone of net een kamera, geen hulp van buitepersone of professionele hulp word toegelaat nie. Die kompetisie word deur Atterbury en WeBuyCars bygestaan.

Stuur navrae aan Jan-Hendrik Opperman by filmit@paulroos.co.za.

Meer oor:  Flieks  |  Stellenbosch  |  Suid-Afrika  |  Namibië  |  Paul Roos Gimnasium
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.