Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Is jy dalk SA se blokkiesraaiselkampioen?
Foto ter illustrasie.

Die eerste blokkiesraaiselkampioen van Suid-Afrika word in Julie in Bloemfontein aangewys.

Dié kompetisie word op die Vrystaat-kunstefees aangebied en ’n vrag pryse is vir die wenner en finaliste op die spel.

Anina Roux van XWord, ’n maatskappy wat blokkiesraaisels vir verskeie koerante, tydskrifte en webwerwe saamstel, het op die idee gekom om so ’n kompetisie te hou.

Albe Grobbelaar van XWord in Bloemfontein sê hulle het in 2006 die dokumentêre rolprent Wordplay oor The New York Times se jaarlikse blokraaitoernooi in Amerika gesien, en toe met beplanning vir iets soortgelyks in Afrikaans begin.

“Danksy RSG en die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat se betrokkenheid, het die aanbied van so ’n toernooi gerealiseer.”

Dit sal op die laaste twee dae van die kunstefees op die Kovsiekampus in Bloemfontein gehou word. Op 15 Julie sal kandidate aan verskeie uitdunrondes deelneem waarin hulle drie verskillende soorte blokkiesraaisels invul. Punte word volgens ’n formule vir korrektheid en spoed toegeken.

Punte word volgens ’n formule vir korrektheid en spoed toegeken.

Die nege topdeelnemers sal in die halfeindronde op 16 Julie kragte meet waarna drie finaliste in die eindstryd sal bepaal wie Suid-Afrika se eerste RSG-blokraaikampioen is.

Pryse vir die drie finaliste sluit in ’n jaar se toegang tot Netwerk24-nuusplatforms, ’n verskeidenheid woordeboeke van Pharos, Longman-HAT en die WAT, ’n iPad Mini geskenk deur die digitale blokraaigroep Blokaspaai, en ’n wye reeks blokraaiboeke van Lapa.

Meer inligting oor die toernooi is op die webwerf www.xword.co.za. Daar is ook skakels na gratis blokkiesraaisels wat vir voorbereiding gebruik kan word.

Die koste vir deelname is R50 wat op die dag van die uitdunne by die lokaal, Suidblok 1 op die kampus, betaalbaar is. Elke deelnemer ontvang dan ’n eksemplaar van XWord se AfriBlokkies-blokkiesraaisels.

Kandidate mag aan meer as een uitdun deelneem, wat die kanse vergroot om die halfeindstryd te haal.

Belangstellendes moet hul naam, selfoonnommer en e-posadres stuur aan Albe Grobbelaar by albegrobbelaar@gmail.com.

Meer oor:  Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.