Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Jeugmaand: Jeugflieks op kykNET
Vaselinetjie is môreaand om 20:00 op kykNET te sien.

kykNET vier Jeugmaand dié Junie met ’n verskeidenheid van flieks spesiaal vir die jongklomp, maar ook vir dié wat jonk van gees is. Maak seker die gesin is Saterdae om 20:00 voor die TV vir ’n aand van fliekgenot:

  • 1 Junie – Vaselinetjie

Vaselinetjie vertel die verhaal van Helena “Vaselinetjie” Bosman, ’n wit dogtertjie wat deur haar liefdevolle bruin grootouers op ’n afgeleë dorpie in die Noord-Kaap grootgemaak word. Wanneer die welsyn uitvind dat Vaselinetjie nie die egpaar se biologiese kleinkind is nie, gryp hulle in en besluit om Vaselinetjie na ’n staatsweeshuis in die verre Johannesburg te stuur.

  • 8 Junie – Die pro

Die pro vertel die verhaal van ’n jong branderplankryer, Tiaan Nothnagel, wat met die ontydige dood van sy beste vriend te doen kry, kort voor hul laaste jaar op hoërskool. Hy besluit om nooit weer branderplank te ry nie, maar sy oorlede vriend se suster vra hom om haar te leer branderplankry.

  • 15 Junie – Nul is nie niks nie

Hoender word onverwags vriende met die buurseun, Drikus, wat aan Hodgkin se siekte ly. Sy laaste droom is om ’n zombiefliek te maak. Hoender en Chris help Drikus om dit te bewaarheid. Dit word beskryf as ’n hartsverhaal oor die lewe, die dood, familie, vriende, die liefde en hoop (en ’n paar hoenders).

  • 22 Junie – Meerkat maantuig

Gideonette de la Rey glo vas aan ’n sogenaamde familievloek wat op haar naam rus. Ná haar pa se dood word haar ergste vrese bewaarheid en haar ma stuur haar na haar grootouers, waar ’n wonderlike verbeeldingswêreld vir haar oopgaan. Hier raak sy bevriend met ’n dowe seuntjie met die naam Bhubesi, wat droom daarvan om ’n ruimtereisiger te word. Nadat nóg ’n teleurstelling oor haar pad kom, kom Gideonette voor ’n groot keuse te staan.

  • 29 Junie – Jou romeo

Twee vasbeslote drama-entoe­siaste van die Hoërskool Monument in Krugersdorp gaan uit hul pad om hul Shakespearedroomproduksie ’n werklikheid te maak, maar met onverwagse nagevolge.

Meer oor:  Flieks  |  Jeug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.