Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Johansson speel nie meer transgender-man ná LGBT’s kla

Een van Hollywood se grootste aktrises, Scarlett Johansson, het Vrydag aan ’n nuwe rolprent onttrek nadat sy onder kritiek deurgeloop het van die lesbiese, gay, biseksuele en transgender-gemeenskap (LGBT’s).

Sy sou die rol van ’n transgender-karakter speel en die LGBT-gemeenskap voel dié rol moet eerder deur ’n transgender-akteur vertolk word.

Scarlett Johansson in Ghost in the Shell in 2017. Foto: Verskaf

Johansson het ingestem om die rol van Dante “Tex” Gill in Rub & Tug te vertolk. Dié karakter is op ’n ware trans-man, wat as ’n vrou gebore is, gegrond wat in die 1970’s en 1980’s masseersalonne as ’n rookskerm vir prostitusie gebruik het.

Dit is die tweede keer dat Johansson haarself te midde van ’n herrie bevind oor haar rol in ’n rolprent. Die eerste keer was in 2017 toe sy die rol van ’n karakter, wat ’n Japanner is, in die rolprent Ghost in the Shell aangepak het.

Die 33-jarige aktrise het gesê sy het oor “etiese redes” besluit om van Rub & Tug te onttrek.

“Ons kulturele begrip van transgender-mense neem elke dag toe, en ek het baie van dié gemeenskap geleer sedert ek my eerste verklaring daaroor gemaak het. Ek het besef hoe onsensitief dit was,” het sy aan die LGBT-gemeenskap in die tydskrif Out gesê.

“Ek verstaan hoekom baie mense voel hy (Gill) moet deur ’n transgender-mens vertolk word en ek is bly hierdie gesprek het ’n groter fokus op diversiteit geplaas.”

Op sosiale media, in koerantartikels en video’s het die transgender-gemeenskap gesê haar insluiting as dié karakter in die rolverdeling het dit net weer duidelik gemaak hoe min geleenthede daar is vir transgender-mense in die rolprentbedryf.

Meer oor:  Scarlett Johannson  |  Transgender  |  Lgbt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.