Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Jozi-fliekfees fokus op ontheemdes, maar bied ook vermaak
Die plakkaat van die rolprent ‘Samos: The Faces of Our Border’.

Soos die internasionale rolprentfees in Durban en die dokumentêre fees Encounters, word die Jozi-rolprentfees vanjaar ook aanlyn aangebied.

Tot 20 September kan fliekvlooie vir nagenoeg R115 ($7) toegang tot sowat 30 flieks hê.

“Hoewel ons nie elke jaar ’n tema het nie, lig ons die vraagstukke uit wat tans in Suid-Afrika en in die wêreldgemeenskap na vore kom. Vanjaar is soos geen ander jaar nie, en dit word weerspieël in die prente,” het die stigter, Lisa Henry, in ’n verklaring gesê.

“Daar is ’n deurlopende storielyn oor die gemarginaliseerdes en ontheemdes, van immigrante wat jare in ’n vlugtelingkamp op die Griekse eiland Samos (Samos: The Faces of Our Border) vasgevang is en ’n blik op die agtergeblewenes in die ‘Nuwe Suid-Afrika’ (A New Country) tot Deleted (Brittanje), ’n kort dokumentêr wat die lewe van ’n 59-jarige man volg voordat hy haweloos word weens die administratiewe rompslomp in Brittanje. Die sjarmante, plaaslike animasieprent Ruby & Roach handel oor twee stukke vuil speelgoed op die uitverkopingsrak, wat die simboliese betekenis van vooroordeel in die samelewing dra, asook ’n boodskap oor die massavervaardiging van dieselfde goed, goed wat ons almal wil hê,” vertel Henry.

Die plakkaat van die dokkie ‘A New Country’.

Daar is ook baie vermaaklike rolprente soos die spitsvondige Reptilian van Hongarye en die snaakse Blast van Nigerië, oor ’n agent by ’n inbelsentrum wat maagprobleme ontwikkel.

’n Paar vertonings sal wel by The Bioscope, Foxstraat 286, vertoon word, met Covid-19-protokol in plek. Die fees word vanjaar die negende keer aangebied.

Kaartjies kan hier gekoop word: https://jozifilmfestival.vhx.tv

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.