Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Kanarie’ aangewys as beste prent op Silwerskermfees
’n Toneel uit die regisseur Christiaan Olwagen se Kanarie wat vyf kykNET Silwerskermtrofees gewen het by ’n glansgeleentheid in The Bay Hotel in Kampsbaai waar die vierdaagse fees aangebied is. Dit is ook as beste rolprent aangewys.

Kanarie, ’n prent wat die lewe van ’n jong, gay dienspligtige in die weermag belig in die apartheidsjare, het skoonskip gemaak met nie minder nie as vyf kykNET-Silwerskerm-pryse.

Die pryse is Saterdagaand op ’n glansgeleentheid in The Bay Hotel, Kampsbaai, bekendgemaak.

Kanarie is aangewys as die beste rolprent en Christaan Olwagen is vereer as beste regisseur.

Die prent het ook uitgeblink in die kategorieë produksieontwerp (Rocco Pool), redigering (Eva du Preez), en Germandt Geldenhuys is as manlike byspeler uitgesonder.

Milan Murray is vereer vir haar draaiboek van die animasieprent Kromkieriefontein. Hier is sy saam met leerders van die Laerskool van Riebeeckstrand in Melkbosstrand, wat die stemkuns aan die karaktertjies in Kromkieriefontein verleen het.Foto: Simon Sonnekus

Die legendariese rolprentmaker Katinka Heyns is op die aand vereer vir haar lewenswerk.

Kort op Kanarie se hakke het die prent Ellen: Die Ellen Pakkies storie gevolg met drie pryse. Die vertolkings van Jill Levenberg as Ellen Pakkies en Jarrid Geduld as haar seun Albie, is as beste vertolkings op die fees uitgesonder en Amy Jephta is bekroon vir die draaiboek wat sy saam met Ellen Pakkies geskryf het.

Die fees van vier dae, wat vanjaar vir die agtste keer aangebied is, is gekenmerk deur uitstekende rolprente wat worstel met die vraagstukke van die hede en verlede in Suid-Afrika, prente wat gewone mense se stories vertel en dit op ’n veelkantige wyse belig sodat die kyker verryk uit die teater loop.

Ses vollengteprente het in kompetisie meegeding.

Jarrid Geduld is as beste akteur uitgesonder vir sy vertolking van Ellen Pakkies se seun Albie in Ellen: Die storie van Ellen Pakkies. Die prent het drie Silwerskermtrofees gewen.

Al die prente wat benoem is, het reeds die vermoë om ’n universele boodskap te bring bewys met hul sukses op oorsese rolprentfeeste.

Prestasie in kortprente in kategorieë vir 11 en 22 minute is ook op dié geleentheid vereer.

Die volledige wennerslys van die vollengteprente lyk so:

Beste kinematograaf

Michal Englert Die stropers

Cintaine Schutte is as beste byspeler vir haar vertolking in Christiaan Olwagen se Die seemeeu vereer.Foto: Jaco Marais

Beste produksie-ontwerp

Rocco Pool Kanarie

Beste klankontwerp en musiek

Evgueni & Sacha Galperine, Leandros Ntounis, Thomas Robert & Jean-Guy Veran vir Die stropers

Beste redigering

Eva du Preez vir Kanarie

Beste draaiboek

Amy Jephta vir Ellen: Die storie van Ellen Pakkies

Katinka Heyns is vereer vir haar lewenswerk op die afsluitings-geleentheid van die agtste Silwerskermfees in Kampsbaai.Foto: Jaco Marais

Beste vroulike byspeler

Cintaine Schutte vir Die seemeeu

Beste manlike byspeler

Germandt Geldenhuys vir Kanarie

Beste aktrise

Jill Levenberg vir Ellen: Die storie van Ellen Pakkies

Beste regisseur

Christiaan Olwagen vir Kanarie

Beste akteur

Jarrid Geduld vir Ellen: Die storie van Ellen Pakkies

Beste rolprent

Kanarie.

Die wenners in die kategorieë vir kortprente is:

Beste kortprent (11 minute):

Die leeftyd van ’n orgidee

Beste kortprent (22 minute)

Axis Mundi

Beste regisseur: kortprent (11 minute)

Marí Borstlap: Die leeftyd van ’n orgidee

Beste regisseur: kortprent 22 minute

Matthew Jankes & Sean Steinberg: Axis Mundi

Beste akteur

Brendon Daniels: Cowboy Dan

Beste aktrise kortprent

Cindy Swanepoel: Fluit fluit

Beste draaiboek: 11 minute

Milan Murray: Kromkieriefontein

Beste draaiboek kortprent: 22 minute

Matthew Jankes en Sean Steinberg: Axis Mundi

Beste redigering

Alexander la Cock: Cowboy Dan

Beste tegniese versorging

Johannes Pieter Nel: kinematografie, Benjamin.

*Ellen: Die storie van Ellen Pakkies word op 7 September uitgereik. Kanarie op 19 Oktober, Die seemeeu op 15 Maart 2019 en Die stropers se uitreikdatum is nog nie vasgestel nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.