Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Kanarie’ en ‘Die Stropers’ voor met benoemings
Schalk Bezuidenhout is benoem as beste akteur vir sy rol in Kanarie.

Kanarie, ’n rolprent wat die lewe van ’n jong dienspligtige in die apartheidsjare belig, en Die stropers, wat gaan oor die stryd tussen twee tienerseuns op ’n Vrystaatse erfplaas, is die voorlopers met benoemings vir die kykNET Silwerskerm-pryse wat in Kampsbaai, Kaapstad, bekendgemaak word.

Die fees wat vanjaar vir die agtste keer aangebied is, is gekenmerk deur uitstekende prente wat worstel met die vraagstukke van die hede en verlede in Suid-Afrika, prente wat gewone mense se stories vertel en dit só aanbied dat die kyker verryk uit die teater loop.

Al die benoemde prente het reeds hul vermoë om ’n universele boodskap te bring, bewys met hul sukses op oorsese rolprentfeeste.

Die regisseur Christiaan Olwagen se Kanarie het nege benoemings gekry wat insluit dié vir die beste rolprent, Die regisseur Etienne Kallos se Die stropers is ook benoem vir beste rolprent. Olwagen se rolprentverwerking van Tsjechof se Die seemeeu het sewe benoemings gekry so ook Daryne

Etienne Kallois is benoem as beste regisseur en draaiboekskrywer vir Die stropers.

Joshua se Ellen: Die storie van Ellen Pakkies.

Die volledige benoemingslys lyk so:

Beste kinematograaf

Chris Vermaak vir Die seemeeu en Kanarie.

Michal Englert Die stropers

Alex van Dyk (links), ’n leerling aan die Hoërskool Durbanville, is benoem as beste manlike byspeler vir sy vertolking in Die stropers.

Beste produksie-ontwerp

Barry Parvess Die stropers

Bathoni Robinson vir Ellen: Die storie van Ellen Pakkies Rocco Pool Kanarie

Beste klankontwerp en musiek

Evgueni & Sacha Galperine, Leandros Ntounis, Thomas Robert & Jean-Guy Veran vir Die stropers

Charl-Johan Lingenfelder vir Kanarie en Die seemeeu

Amy Jephta is benoem vir haar draaiboek van Ellen: Die storie van Ellen Pakkies.

Beste redigering

CA van Aswegen vir Ellen: Die storie van Ellen Pakkies Eva du Preez vir Kanarie

Muriel Breton vir Die stropers

Beste draaiboek

Amy Jephta vir Ellen: Die storie van Ellen Pakkies Christiaan Olwagen & CharlJohan Lingenfelder vir Kanarie

Etienne Kallos vir Die stropers

Beste vroulike byspeler

Cintaine Schutte en Martelize Kolver vir Die seemeeu

Juliana Venter vir Die stropers

Beste manlike byspeler

Alex van Dyk vir Die stropers

Elton Landrew vir Ellen: Die storie van Ellen Pakkies

Germandt Geldenhuys vir Kanarie

Beste aktrise

Jill Levenberg vir Ellen: Die storie van Ellen Pakkies

Rolanda Marais en Sandra Prinsloo vir Die seemeeu

Beste Regisseur

Christiaan Olwagen vir Kanarie

Daryne Joshua vir Ellen: Die storie van Ellen Pakkies

Etienne Kallos vir Die stropers

Beste Akteur

Albert Pretorius vir Die seemeeu

Jarrid Geduld vir Ellen: Die storie van Ellen Pakkies

Schalk Bezuidenhout in Kanarie

Beste rolprent

Die stropers

Ellen, die storie van Ellen Pakkies

Kanarie.

* Ellen: Die storie van Ellen Pakkies word op 7 September uitgereik. Kanarie op 19 Oktober, Die seemeeu op 15 Maart en Die stropers se uitreikdatum is nog nie vasgestel nie.

Meer oor:  Kyknet  |  Christiaan Olwagen  |  Kampsbaai  |  Silwerskermfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.