Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Kanarie’ skud sy vere in Kanada
Schalk Bezuidenhout vertolk die hoofrol in Kanarie (Canary) wat sy première op ’n rolprentfees in Kanada het.

Die regisseur Christiaan Olwagen se jongste rolprent se wêreldpremière sal op die 28ste Inside Out lesbiese, gay, transgender- en interseks (GBTI)-rolprentfees in Toronto, Kanada gehou word.

Kanarie (Canary) wys op 29 Mei op dié internasionale fees in Afrikaans met Engelse byskrifte. Dit word as ’n musikale oorlogsdrama beskryf en is op ware gebeure gegrond. Dit handel oor Johan Niemand (Schalk Bezuidenhout) wat opgeroep word vir militêre diensplig. Dit is 1986 in Suid-Afrika onder apartheid waar die kerk en regering die septer swaai. Hy doen aansoek en word aanvaar vir die koor in die Suid-Afrikaanse Weermag die Kanaries. Hy raak verlief op een van sy mede-koorlede en begin ook sy geloof, patriotisme en seksualiteit bevraagteken. Sy liefde vir musiek bring hom ook in konflik met sy bevelvoerders.

Johan vind homself danksy vriendskap, eerste liefde en musiek. Die klankbaan is deur Charl-Johan Lingenfelder.

Schalk Bezuidenhout in ’n toneel uit Kanarie.

Die rolprent sal in die Centerpiece Gala-vertoonvenster op die fees vertoon word.

Luidens ’n mediaverklaring is die organiseerders “gaande oor die rolprent”. Dit is Olwagen, wat aanvanklik naam gemaak het as ’n teaterskepper, se derde vollengte rolprent ná Johnny is nie dood nie.

Die seemeeu sy tweede rolprent gegrond op die gelyknamige toneelstuk van Tsjechof het onlangs groot lof op ’n rolprentfees in Rusland gekry.

Ander spelers in Kanarie sluit in Anna-Mart van der Merwe, Tinarie van Wyk-Loots, Gérard Rudolf, Jacques Bessenger, Germandt Geldenhuys en Dawid Minnaar.

Die fees open Donderdag met die rolprent A Kid Like Jake met spelers soos Claire Danes, Jim Parsons en Octavia Spencer in die hoofrolle en sluit af op 3 Junie met Hearts Beat Loud met akteurs soos Kiersey Clemons en Toni Collette.

Schalk Bezuidenhout in n toneel uit Kanarie.

Amy Adrion se debuut- dokumentêre rolprent Half the Picture wys ook op die fees en dit belig die rol van vroue, asook seksisme en rassisme in die vermaakbedryf

Olwagen en Bezuidenhout woon die fees by.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.