Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Kanarie’ staande toegejuig in LA
’n Toneel uit die musikale oorlogsdrama Kanarie van Christiaan Olwagen.

Die jongste rolprent van die Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger Christiaan Olwagen, Kanarie (Canary), is die afgelope naweek staande toegejuig by die Outfest-rolprentfees in Los Angeles, Kalifornië.

Kanarie is ’n musikale oorlogsdrama en is op ware gebeure gegrond. Dit is in Villiersdorp verfilm en handel oor Johan Niemand (Schalk Bezuidenhout) wat vir militêre diensplig opgeroep word. Dit is 1986 in Suid-Afrika onder apartheid waar die kerk en regering die septer swaai.

Hy doen aansoek en word aanvaar vir die Suid-Afrikaanse Weermag se koor, bekend as die Kanaries.

Hy raak verlief op een van sy mede-koorlede en begin ook sy geloof, patriotisme en seksualiteit bevraagteken. Sy liefde vir musiek bring hom ook in konflik met sy bevelvoerders.

Johan vind homself, danksy vriendskap, eerste liefde en musiek.

Die klankbaan, wat musiek van Boy George en Depeche Mode insluit, is deur die bekroonde musiekregisseur Charl-Johan Lingenfelder.

Sheri Linden van The Hollywood Reporter beskryf Kanarie as ’n “wenkombinasie van diepsinnigheid en uitgelatenheid” en dat dit ’n lewe buite die feeskringloop kan hê.

Vroeër vanjaar het Olwagen se Die seemeeu, sy tweede rolprent ná Johnny is nie dood nie gegrond op die gelyknamige toneelstuk van Tsjechof, groot lof op ’n rolprentfees in Rusland gekry.

Ander spelers in Kanarie sluit in Anna-Mart van der Merwe, Tinarie van Wyk-Loots, Gérard Rudolf, Jacques Bessenger, Germandt Geldenhuys en Dawid Minnaar.

Die rolprent het reeds op 29 Mei sy wêrelddebuut in Toronto, Kanada, gemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.