Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Kevin Hart sê hy bied nié meer Oscars aan nie

Die komediant Kevin Hart het Vrydagoggend getwiet dat hy nie meer 2019 se Oscars gaan aanbied nie, nadat dit aan die lig gekom het dat hy jare terug homofobiese twiets gestuur het.

Die komediant Kevin HartFoto: Getty Images

“Ek het besluit om nie meer die Oscars aan te bied nie. Dit is omdat ek nie die aandag wil aflei van ’n aand wat gevier moet word deur so baie wonderlike talentvolle kunstenaars nie. Ek vra innig om verskoning aan die LGBTQ-gemeenskap vir my onsensitiewe woorde in die verlede,” lui Hart se twiet.

Hart, wat bekendheid verwerf het vir sy rolle in die Scary Movie-rolprente, The 40-Year-Old Virgin, The Wedding Ringer en die treffer Ride Along, het vroeër die week aangekondig dat hy nog altyd die gasheer by die Oscars wou wees en dat hy dít as ’n geleentheid van ’n leeftyd beskou.

Die Oscars is onder druk om meer divers te wees wat sy lede betref, asook diegene wat benoem en vereer word. Reuters

Meer oor:  Oscars  |  Kevin Hart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.