Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
‘Knuckle City’ op pad oorsee
Die plakkaat van ‘Knuckle City’.

Selfs in die buiteland is local lekker.

Knuckle City, Suid-Afrika se inskrywing vir die Oscar vir beste buitelandse rolprent, gaan binnekort in verskillende oorsese lande vertoon word.

’n Aantal lande het al belangstelling getoon om die regte daarvoor te bekom en Pascal Schmitz, die fliek se uitvoerende vervaardiger, sê daar is ’n veeldoelige strategie om dit na die res van die wêreld te neem.

Dit is deel van Knuckle City se Oscar-veldtog en sal ’n sleutelrol speel in moontlike internasionale verkope. Verskillende vertonings en bemarkingsgeleenthede sal ook in die komende tyd oorsee plaasvind met die doel om mense te kry om daaroor te praat en ondersteuning daarvoor te kry.

“Die veldtog vir die Oscars is duur,” sê Mayenzeke Baza van AAA Entertainment wat die fliek versprei.

“Ateljees en produksiemaatskappye bestee miljoene dollars om die regte buzz vir ’n fliek te skep en om die regte kiesers se aandag te trek wat kan help om hul fliek te laat wen.”

Die fliek is ’n grimmige misdaaddrama wat die verhaal vertel van ’n ouerwordende professionele bokser en rokjagter uit die Oos-Kaap en sy misdadiger broer wat een laaste keer probeer om sukses te behaal, maar dan meer kry as wat hulle verwag het.

Knuckle City se regisseur, Jahmil X.T. Qubeka, het ook die regie behartig van Sew the Winter to My Skin, 2018 se Suid-Afrikaanse Oscar-inskrywing.

Knuckle City begin op 28 Februarie in Suid-Afrika.

Meer oor:  Fliek  |  Knuckle City
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.