Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Knysna wil voorkeur-bestemming vir fliekbedryf word

Die Knysna-munisipaliteit werk volstoom om die dorp as ’n bestemming vir die rolprentbedryf en vir die aanbied van geleenthede te vestig.

Hiervoor het hy ’n webwerf op die been gebring. Die munisipaliteit vra rolspelers in hierdie bedrywe om as diensverskaffers op die webwerf by knysnafilmandevents.co.za te registreer.

Volgens die munisipaliteit wil hy belangstellendes se soektog na liggings, lokale en diensverskaffers vergemaklik. Daarvoor is ’n bestuurder met kennis oor liggings en lokale aangestel om die webwerf te bestuur en belangstellendes met inligting te help.

Die webwerf is besonder goed ontvang toe dit vanjaar en verlede jaar op ’n inligtingsessie van die Kaapstadse rolprentbedryf deur die Knysna-munisipaliteit se departement van ekonomiese ontwikkeling aangebied is, sê Mark Willemse, Knysna se burgemeester, in ’n verklaring. “Dit is duidelik dat die webwerf ’n groot behoefte sal vervul in die rolprent- en geleentheidsbedryf, veral as plaaslike sakeondernemings en eiendomseienaars betrokke raak.”

Wesgro, die Wes-Kaapse bestemmings-, beleggings- en handelsagentskap, is onder meer betrokke by die reël van die inligtingsessies.

Volgens die munisipaliteit bied Knysna ’n verskeidenheid bestemmings – van inheemse bosgebiede en landbougrond tot Sedgefield se strandmere en die strande by Buffelsbaai – om in rolprentmakers se behoeftes te voorsien.

Diensverskaffers kan gratis op die webwerf registreer. Op die webwerf is daar ook onder meer aansoekvorms vir verskeie permitte wat rolprentspanne nodig het, asook aansoekvorms vir poste in die rolprentbedryf.

Besoek knysnafilmandevents.co.za of knysnafilmandevents op Facebook, stuur ’n e-pos na film@knysna.gov.za of events@knysna.gov.za of skakel 044 302 6586 vir meer inligting.

Meer oor:  Knysna
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.