Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Komiese ‘Kleine Griet’ het malligheid én skoonheid

’n Blikkies-telefoon of Monopoly-bordspeletjie sou nie op ’n skip in die 17de eeu hoort nie, maar die geskiedenis word ietwat herskryf in die mini-komediereeks De Kleine Griet.

Charlie Bouguenon in ‘De Kleine Griet’. Foto: Mareli Theron

Dié skip behoort aan die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC), destyds die grootste handelsmaatskappy ter wêreld. Wim van der Vaart, die kaptein, is egter onwillig om steeds vir die maatskappy te werk en Vinkie, een van die passasiers, is ’n jong meisie wat ’n oorbruggingsjaar neem.

“Hierdie moderne hints in die 17de eeu is natuurlik onrealisties,” sê Elrich Yssel, regisseur.

“Maar omdat dit ’n komedie (van agt episodes) is, mag dit maar so wees.”

Dié reeks uit die pen van Luan Louw is onlangs in Pretoria verfilm en word deur Forum Films vervaardig.

“Ek wou eers iets oor seerowers doen,” sê Yssel.

“Toe wonder ek: Waarom gebruik ons nie die VOC nie? Min mense ken die geskiedenis van daardie Nederlanders wat speserye vervoer het. Hulle was so groot soos Apple vandag.”

Die filmspan wou ’n bietjie die spot dryf – ook in die humorstyl van Monty Python.

De Kleine Griet
Deoudoné van der Merwe op die stel van 'De Kleine Griet'. Foto: Mareli Theron

Hulle het Jan van Riebeeck in die storie ingewerk, maar die reeks handel nie oor hom nie.

Dit gaan oor kapt. Wim van der Vaart, wat eintlik nie meer vir die VOC wil werk nie.

“En dis eintlik deel van ons hedendaagse probleme. Mense werk soms vir ’n maatskappy waar hulle nie wil wees nie, en hulle wil wegkom.”

Wim wil vry wees en net sy eie ding doen.

“Ek dink jy kry dit in baie beroepe,” sê Charlie Bouguenon, wat Wim vertolk.

“Jy het ’n idee van wat jou loopbaan gaan of moet wees en wie jy is. Die reeks begin in die VOC-kantoor. Die magtigste maatskappy in die wêreld. En hy sê ná 15 jaar van getroue diens sou ’n mens dink hy sou meer waardeer word. Hy voel soos ’n voël in ’n hok.”

Hy het ambisie, maar doen baie dinge onder die tafel.

Arnoud Schonbeeck, ’n jong burokraat, moet hom oppas.

“Wim is kwaad, maar hy is ook ’n funksionerende alkoholis. Hy is óf babelas óf dronk.

"Maar wat pragtig is, is die balans van die teks.

Tiaan Slabbert in ‘De Kleine Griet’. Foto: Mareli Theron

"Daar is Blackadder-oomblikke, die malligheid. En dan die kontras: innerlike, pragtige oomblikke, wat jou intrek.”

Dat Wim gedwing word om saam met Arnoud Schonbeeck te werk, lei tot baie wrywing op die skip. Die bemanning is boonop nie geskik om baie van hul daaglikse take uit te voer nie.

Benewens Vinkie reis ’n paar eksentrieke karakters saam: Bas Boudewijn, wat lyk of hy die hele dag in die gimnasium deurbring; Costa, die eksotiese kok met ’n swakheid vir mooi vroue; Helena, ’n vrou wat haarself as ’n man voordoen, want vroue mag nie op skepe werk nie, en Hans Kraaij, ’n ou man wat nie praat nie, maar mooi sing.

“Elke departement op stel haal uit en wys,” sê Bouguenon.

“Die stel, props, kostuums. Hoe alles in die frame vertoon. Jy dink, wow, dit lyk soos ’n movie. Daar is ’n Nederlandse deuntjie wat ons in die reeks sing en dis so catchy . . . Almal sing dit nou al ’n week lank.”

Volgens Mareli Theron, medevervaardiger by Forum Films, sou die verfilming verlede jaar in Mei begin het.

“Ek het in September ’n boodskap oor oudisies uitgestuur en sowat 500 oudisie-video’s gekry.”

Die reeks is onder meer in die Melrose-huis en op die boeremark in Pretoria verfilm.

“Die deel op die boeremark stel Mauritius in die 17de eeu voor. Die eerste episode bestaan baie langer as die res van die reeks. En die res van die draaiboek is in Februarie klaar geskryf. Die reeks is nie aan ’n sekere kanaal gekoppel nie; ons onderhandel nog.

“Die spelers praat reeds van ’n tweede reeks omdat dit hulle dit so geniet het. Maar kom ons kyk eers hoe die publiek dit ervaar.”

Die ander spelers is Tiaan Slabbert, David Steyn, JP du Plessis, Deoudoné van der Merwe, Leán van den Bergh en Jurgen Hellberg.

Meer oor:  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.