Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Kommissie gee R3,6 miljoen vir Covid-rolprente

Die KwaZulu-Natalse Rolprentkommissie het R3,6 miljoen in ’n Covid-19-hulpfonds gestort om die rolprentbedryf in die provinsie ’n finansiële inspuiting te gee.

Die KwaZulu-Natalse Rolprentkommissie wil die provinsiale rolprentbedryf weer op die been kry met ’n hulpfonds van R3,6 miljoen. Foto: Twitter

Die kommissie sê in ’n verklaring hy hoop om daarmee die rolprentmark in KwaZulu-Natal weer op die been te kry, terwyl hy tegelykertyd hoop om talent van buite die provinsie na die Suid-Afrikaanse ooskus te lok – selfs al is die KwaZulu-Natalse rolprentmark soveel kleiner as dié in Gauteng en die Wes-Kaap.

Volgens die verklaring word vervaardigingsmaatskappye genooi om vir finansiering uit die fonds aansoek te doen. Die R3,6 miljoen sal gelykop tussen twee vervaardigingsmaatskappye verdeel word – een wat volgende jaar teen 15 Maart drie fiktiewe kortrolprente moet maak en nog een wat teen dieselfde sperdatum drie dokumentêre kortrolprente kan vervaardig.

“Al die projekte (die ses kortrolprente) moet spesifiek verwys na die Covid-19-pandemie of ’n aspek daarvan dokumenteer,” lui die verklaring.

“Elke kortrolprent moet ’n begroting van (hoogstens) R600 000 hê, wat ontwikkeling en vervaardiging insluit. Geen bykomende finansiering vir die kortrolprente moet verkry word nie.”

Aansoeke is slegs oop vir vervaardigers wat in KwaZulu-Natal woon of KwaZulu-Natalse boorlinge is wat elders in die land gevestig is. Al ses die kortrolprente moet geheel en al in KwaZulu-Natal geskiet word – en 80% van die rolprentspanne en diensverskaffers wat ’n hand in die vervaardiging van die rolprente het, moet van KwaZulu-Natal wees.

Aansoekers moet drie konsepte vir kortrolprente per aansoek indien. ’n Volledige lys van bykomende dokumentasie, wat elke aansoek moet vergesel, is op https://kznfilm.co.za/wp-content/uploads/2020/09/KwaZulu-Natal-Film-Commission-Call-for-Covid-19-proposals.pdf beskikbaar.

Aansoeke moet teen 2 Oktober per e-pos na KZNfilmfund@kwazulunatalfilm.co.za gestuur word. Navrae kan na dieselfde e-posadres gestuur word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.