Kyk vandag na Netwerk24 en die KKNK se laaste KORTOM-kortrolprent met Cintaine Schutte en Richard September in die hoofrolle.
VOETJIE-VOETJIE
As die skoen pas …
’n Jong vrou gaan vir die eerste keer ná ’n liefdesteleurstelling op ’n romantiese afspraak. Sal die ontmoeting haar hoop op ’n veilige verhouding herstel? ’n Komedie van voete met hart.
Regisseur, skrywer, kamerawerk en redigeerder: NICO SCHEEPERS
Vervaardiger en musiek: GIDEON LOMBARD
Met CINTAINE SCHUTTE en RICHARD SEPTEMBER (se voete)