Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: KORTFILM — Waldi Schultz en Brendon Daniels in Kortpad

Netwerk24 en die KKNK se eerste KORTOM-kortrolprent is hier! Die bekroode akteurs Waldemar Schultz en Brendon Daniels vertolk die hoofrolle in Kortpad. Kyk elke week tot einde September na 'n nuwe kortrolprent nét op Netwerk24.

Kortpad

ROLPRENT 1: KORTPAD

Die pad na ’n man se grond is deur sy heining. 

Karel kies kortpad deur Damian se werf. Die ontmoeting skop op ’n onaangename noot af, maar ’n meer persoonlike gesprek lei tot die besef dat dié mans baie in gemeen het. Kortpad is ’n eksplosiewe interaksie tussen twee middeljarige mans. 

Met BRENDON DANIELS, WALDEMAR SCHULTZ en STEPHANIE HOUGH 

Regisseur: GAERIN HAUPTFLEISCH

Skrywer: FERDINAND BEKKER

Redigeerder: GYS LOUBSER

KYK HIER NA 'N AGTER-DIE-SKERMS-VIDEO VAN DIE PRODUKSIE:

Waarna kan intekenare volgende week uitsien?

ROLPRENT 2: NAPPY BLUES

Première: 11 Augustus

Die kritikus is klein, maar kwaai. 

’n Jong paartjie bring hulle eersteling huis toe. Nappy Blues is ’n kort en komiese blik op ouerskap … uit ’n unieke perspektief. 

Regisseur en skrywer: CARLA SMITH

Kamerawerk en redigeerder: EVA DU PREEZ

Vervaardiger en Konsepontwikkeling: WYNAND KOTZÉ

Met ALBERT PRETORIUS en ROELINE DANEEL 




Meer oor:  Kknk  |  Kortom  |  Kortfilms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.