Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
RESENSIE: ‘Kortpad’ op Netwerk24 komedie met pitkos

Netwerk24 en die KKNK se eerste KORTOM-kortrolprent, Kortpad, bied pitkos én komedie, skryf Laetitia Pople.

Die akteurs Brendon Daniels en Waldemar Schultz is nou al ’n gedugte komiese duo. Dink aan die maltrap-komedie Die roadtrip die afgelope jaar op kunstefeeste.

In Kortpad, die eerste van Netwerk24 se kortrolprente, is die toonaard dalk bietjie ernstiger. Twee mans ontmoet, dit blyk die een het oortree op die ander se eiendom, en die man (Schultz) wat die plaaseienaar is, het ’n vreemde storie oor hoekom hy helder oordag in sy netjiese stadsklere op sy kleinhoewe rondflenter. Die twee raak aan die gesels en gou is dit duidelik dat hier meer as een agtergrondstorie is.

LEES OOK: Skuif reg vir kragtige kortflieks op Netwerk24

In net tien minute word hier gesnelskrif deur emosies, die invloed van Covid-19 se sleurstroom, historiese onteiening en ontnugtering. Dit is nie ’n swaardra-storie nie, wel nogal een van twee “boere” wat saam ’n plan maak. Noem dit een van simbiose of vredige naasbestaan. Dit is die verhaal van uitreik oor ’n afgrond van vooroordele en wanopvattings en bande smee om ’n beter toekoms te verseker. Die inslag en boodskap kan vir sommige ’n bietjie te na aan die reënboognasie-droom van Mandela lê.

Hoe ook al, hier is pitkos en komedie as jy gou-gou wil verpoos met ’n koffie en ’n fliek.

Die draaiboek is geskryf deur Ferdinand Bekker, die regisseur is Gaerin Hauptfleisch. Stephanie Hough speel teenoor Daniels en Schultz. - Laetitia Pople

KYK HIER NA DIE AGTER-DIE-SKERMS-VIDEO VAN DIE PRODUKSIE:

Netwerk24 gaan tot einde September elke Dinsdag 'n kortrolprent publiseer. Waarna kan intekenare volgende week uitsien?

ROLPRENT 2: NAPPY BLUES

Première: 11 Augustus

Die kritikus is klein, maar kwaai. 

’n Jong paartjie bring hulle eersteling huis toe. Nappy Blues is ’n kort en komiese blik op ouerskap … uit ’n unieke perspektief. 

Regisseur en skrywer: CARLA SMITH

Kamerawerk en redigeerder: EVA DU PREEZ

Vervaardiger en Konsepontwikkeling: WYNAND KOTZÉ

Met ALBERT PRETORIUS en ROELINE DANEEL 

Meer oor:  Krit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.