Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Kunsrolprente op Labia se ‘5de skerm’ beskikbaar
Isabelle Hupert in die rolprent ‘Elle’, waarvoor sy in 2013 die prys as beste aktrise op die Cannes-rolprentfees losgeslaan het.

Fliekvlooie wat gehalte-kunsrolprente asook skaars prente soek wat op fliekfeeste wêreldwyd vertoon is, maar nooit hier aandoen nie, se soektog is op ’n einde. Die Labia, ’n onafhanklike teater in Kaapstad, begin op 1 Julie met ’n aanlyn stromingsplatform.

Fliekgangers kies die fliek van hul keuse, betaal en het dan toegang tot ’n eietydse kunsprent wat hy in sy eie huis op sy eie rusbank kan kyk. Dokumentêre prente asook virtuele fliekfeeste is in die vooruitsig, asook ander rolprentverwante bedrywighede.

“Dit is nog die begindae,” sê Ludi Kraus, bestuurder van die Labia. Hy sê mense moet die platform as die Labia se vyfde skerm sien.

“Ons het die vier teaters, dit is ons vyfde dimensie en jy hoef nie vir parkeerplek te betaal nie. Die idee het uit die inperking ontstaan. Ons moet ’n bykomende inkomste verseker om ons teaters staande te hou. Ons gaan voort met die diens, al open die Labia se teaters. Ons virtuele aanbod gaan altyd anders wees as dit wat in ons teaters wys.”

Die diens is beskikbaar aan kykers in Suid-Afrika. Fliekgangers kan kies uit die volgende rolprente as die stromingsdiens se openingsaanbod:

• Verbode liefde is die tema van die Franse prent Portrait of a Lady on Fire, wat verlede jaar een van die top- buitelandse rolprente was volgens die National Board of Review en baie goed op die Cannes-rolprentfees asook by die Europese rolprentpryse ontvang is. Dit speel af aan die kus van die eiland Bretagne in die 18de eeu. ’n Jong aristokraat raak verlief op die vrou wie haar portret moet skilder. Die prent het die Queer Palm op verlede jaar se Cannes-rolprentfees gewen. Dit duur 120 minute en die ouderdomsbeperking is 16 vir seks en naaktheid.

• Die Franse aktrise Juliette Binoche is te sien as ’n veteraan-aktrise in die prent Clouds of Sils Maria.

Daarin aanvaar sy die aanbod om weer ’n rol te speel in die toneelstuk wat haar loopbaan lanseer het. Die prent handel oor haar verhouding met haar getroue assistent, gespeel deur Kirsten Stewart. Stewart het die César gewen vir haar vertolking. Die prent duur 124 minute en die ouderdomsbeperking is 16 vir taal en naaktheid.

• Mia Wasikowska is te sien as die avonturier Robin Davidson in Tracks, wat ’n alleentog in die Australiese woestyn tussen Alice Springs en die Indiese Oseaan aandurf met net haar vier kamele en haar hond as geselskap. Adam Driver speel teenoor haar. Die prent duur 113 minute en die ouderdomsbeperking is 13 vir taal, geweld en naaktheid.

• Isabelle Huppert het op Cannes die prys vir beste aktrise gewen vir haar vertolking in die riller Elle. Regisseur Paul Verhoeven se uitdagende prent is ook op Cannes as beste prent in 2013 vereer. Dit handel oor ’n vrou wat ’n kat-en-muis-speletjie begin met die man wat haar verkrag het en hom so ontmasker. Die prent is met die Golden Globe-prys vir beste buitelandse rolprent bekroon. Die prent duur 130 minute en die ouderdomsperk is 18 vir seks, seksuele geweld, naaktheid, geweld en taal.

• Die swart-wit-prent Cold War handel oor die skynbaar gedoemde liefdesverhouding tussen ’n sanger en ’n pianis in die jare vyftig. Die prent duur 90 minute. Die ouderdomsperk is 16 vir seks, naaktheid en taal.

Besoek labiahomescreen.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.