Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
Kyk: Addams-familie is terug as animasie met Charlize se stem!

Jy kan jou vriende kies, maar jou familie, met hulle sit jy eintlik opgeskeep.

Die aardige Addams-gesin is lief vir mekaar, al is hulle aardig en melankolies. Dié keer kan kykers die donker humor, en makabere, slinkse grappe van die nimlike gesin as ’n animasieprent met die stemkuns van onder meer Charlize Theron, Chloë Grace Moretz en Allison Janney beleef.

Die Addams-gesin moet saamstaan en mekaar beskerm wanneer ’n gulsige televisiepersoonlikheid hulle wil uitbuit. By dit als is daar die opwinding en inspanning van ’n tamaai familiebyeenkoms van die Addams-familie wat op hande is.

Die prent is gegrond op die strokies van Charles Addams en word in 2-D en 3-D uitgereik.

Dit begin na verwagting einde Oktober in Suid-Afrika draai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.