
Olivia Colman in 'The Crown'. Foto: Netflix / www.whats-on-netflix.com

’n Toneel uit ‘Chernobyl’. Foto: HBO

Joaquin Phoenix in ‘Joker’. Foto: Warner Bros. / Vox

Robert De Niro, Al Pacino en Ray Romano in die Netflix-rolprent ‘The Irishman’. Foto: Netflix / www.cnbc.com
Die American Film Institute (AFI), wat hom sedert 1967 onder meer beywer vir die bewaring en bevordering van Amerikaanse rolprente en TV-programme, het oudergewoonte weer die jaar se beste vermaak op die groot- en klein skerm aangekondig.
Die AFI stel jaarliks sedert 2000 ’n lys van 10 TV-programme en 10 rolprente op wat in ’n betrokke jaar ’n merkwaardige bydrae tot kuns en kultuur gelewer het. Die paneel wat vanjaar se lyste opgestel het, bestaan uit akteurs, vervaardigers, akademici en kritici.
Die TV-reekse wat volgens hulle vanjaar uitgestyg het, sluit in (in alfabetiese volgorde):
Chernobyl (KLIK HIER EN KYK)
The CrownFosse/Verdon
Game of Thrones (KLIK EN KYK)
Pose
Succession (KLIK EN KYK)
Unbelievable
Veep (KLIK EN KYK)
Watchmen (KLIK EN KYK)
en When They See Us.
Die Britse TV-reeks Fleabag, wat vroeër vanjaar vier Primetime Emmy-pryse gewen het, is eervol vermeld.
In die rolprentkategorie is die beste van die jaar (ook in alfabetiese volgorde):
1917
The Farewell
The IrishmanJojo Rabbit
Joker
Knives Out
Little Women
Marriage Story
Once Upon a Time in Hollywood
en Richard Jewell.
Die Suid-Koreaanse rolprent Parasite, wat ’n groot Oscars-aanspraakmaker is, is ook eervol vermeld.
– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier