Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Al 9 Netwerk24 se kortfilms

Netwerk24 is die tuiste van nege Afrikaanse kortflieks wat in die inperkingstydperk geskiet is. Netwerk24 het in samewerking met die KKNK die Kortom-kortfliekprojek van stapel gestuur om te midde van die inperking ’n inkomste vir rolspelers in die kunste te skep. Kyk al 9 kortfilms hier.

Kortpad

ROLPRENT 1: KORTPAD

Die pad na ’n man se grond is deur sy heining. 

Karel kies kortpad deur Damian se werf. Die ontmoeting skop op ’n onaangename noot af, maar ’n meer persoonlike gesprek lei tot die besef dat dié mans baie in gemeen het. Kortpad is ’n eksplosiewe interaksie tussen twee middeljarige mans. 

Met BRENDON DANIELS, WALDEMAR SCHULTZ en STEPHANIE HOUGH 

Regisseur: GAERIN HAUPTFLEISCH

Skrywer: FERDINAND BEKKER

Redigeerder: GYS LOUBSER

KLIK HIER OM KORTPAD TE KYK.

Albert Pretorius en Roeline Daneel in Nappy Blues.
Albert Pretorius en Roeline Daneel in Nappy Blues. Foto: Verskaf

ROLPRENT 2: NAPPY BLUES

Die kritikus is klein, maar kwaai. 

’n Jong paartjie bring hulle eersteling huis toe. Nappy Blues is ’n kort en komiese blik op ouerskap … uit ’n unieke perspektief. 

Regisseur en skrywer: CARLA SMITH

Kamerawerk en redigeerder: EVA DU PREEZ

Vervaardiger en konsepontwikkeling: WYNAND KOTZÉ

Met ALBERT PRETORIUS en ROELINE DANEEL 

KLIK HIER OM NAPPY BLUES TE KYK.

Wilhelm van der Walt in ’n toneel uit ‘Markus en die son’.

ROLPRENT 3: MARKUS EN DIE SON

Kan ek jou ’n storie vertel? 

Markus word wakker in sy woonstel in Kaapstad. Met ’n blik op die toekoms, dink hy terug aan sy verlede – hoe hy en sy vrou saam hier beland het en hoe onwaarskynlik dit is dat twee mense mekaar ontmoet en ’n lewe saam begin. Dié kortfilm is as een skoot, sonder enige snitte of redigering verfilm. ’n Kortfilm oor die oomblik net ná ’n mens wakker word. 

Regisseur en skrywer: PHILIP RADEMEYER

Kamerawerk en redigeerder: KOBUS MARX

Produksie, stelinkleding en stilering: MARYKE NEL

Met WILHELM VAN DER WALT 

KLIK HIER OM MARKUS EN DIE SON TE KYK.

Die dansengel
Die dansengel

ROLPRENT 4: DIE DANSENGEL

Daar is genoeg plek vir "ander" in die hemel en op aarde. 

Cardo soek aanvaarding in ’n wêreld wat dit moeilik maak. Maar vir elke Cardo is daar ’n hemel.

Skrywer en regisseur: VINETTE EBRAHIM

Kamerawerk en redigeerder: PIETER LOMBARD

Choreograaf en artistieke konsultant: CINDA EATOCK

Met THEODORE JANTJIES, FAIZ DALMAN en KEVIN NARAIN 

KLIK HIER OM DIE DANSENGEL TE KYK.

Stuur groete vir Fanie

ROLPRENT 5: STUUR GROETE VIR FANIE

’n Oneindige hamsterwiel van uitermate vriendelike hoflikheid. 

Twee kennisse loop mekaar in die parkeerarea van ’n winkelsentrum raak en voel sosiaal verplig om met mekaar te gesels. Hoe kan hulle die ongemak ontsnap? 

Skrywer: MARELIZE VILJOEN

Regisseur, kamerawerk en redigeerder: STEFAN BENADÉ

Met MARELIZE VILJOENKARLI HEINE en ELISHA ZEEMAN 

Vasgevang

ROLPRENT 6: VASGEVANG

Die self teen inperking.

’n Storie van hoop en vrede ten spyte van die verlies van vryheid. ’n Nie-verbale dansfilm wat die sielkundige impak van fisiese inperking verken.

Konsep, choreografie en kamerawerk: FIGURE OF 8 DANCE COLLECTIVE

Met GRANT VAN STER en SHAUN OELF 

KLIK HIER OM VASGEVANG TE KYK.

'n Dag vir 'n Oomblik

ROLPRENT 7: ’N DAG VIR ’N OOMBLIK

Frank Visser se gunstelingdag. 

Frank is ’n eksentrieke man wat antiekeware en beligting verkoop. In ’n skynbaar-ordinêre dag in Frank se lewe is daar magiese oomblikke wat dié dag en elke dag spesiaal maak.

Skrywer HILLÉTJE MÖLLER BASHEW

Regisseur en redigeerder ZEE BASHEW

Kamerawerk LEOPOLD FRECHOW

Stelinkleding MARIJDA KAMPER

Met GERBEN KAMPER en HILLÉTJE MÖLLER BASHEW 

KLIK HIER OM 'N DAG VIR 'N OOMBLIK TE KYK.

Ter Nagedagtenis

KORTROLPRENT 8: TER NAGEDAGTENIS

Waar is jy veilig? 

In dié riller daag ’n jong vrou by haar huis op en vind ’n lint aan haar hek vasgebind. Dit is nie die eerste keer nie. Is sy regtig in gevaar of is dit haar verbeelding?

Skrywer: SONÉ ROSSOUW

Regisseur: GREGG PETTIGREW

Kamerawerk en redigeerder: LEON ROSSOUW

Met SONÉ ROSSOUW 

KLIK HIER OM TER NAGEDAGTENIS TE KYK.

KORTROLPRENT 9: VOETJIE-VOETJIE

As die skoen pas …

’n Jong vrou gaan vir die eerste keer ná ’n liefdesteleurstelling op ’n romantiese afspraak. Sal die ontmoeting haar hoop op ’n veilige verhouding herstel? ’n Komedie van voete met hart.

Regisseur, skrywer, kamerawerk en redigeerder: NICO SCHEEPERS

Vervaardiger en musiek: GIDEON LOMBARD

Met CINTAINE SCHUTTE en RICHARD SEPTEMBER (se voete) 

KLIK HIER OM VOETJIE-VOETJIE TE KYK.

Meer oor:  Kknk  |  Kortom  |  Kortfilms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.