Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Almal Gaga oor ‘House of Gucci’-lusmaker

’n Voorsmakie van die Britse regisseur sir Ridley Scott se langverwagte rolprent House of Gucci, is uiteindelik Vrydag uitgereik – en rolprentvrate het nie op hulle laat wag om dit blitsvinnig te kyk nie.

Van links: Lady Gaga, Adam Driver en die byna onherkenbare Jared Leto in ‘House of Gucci’. Foto: Universal Pictures / indiewire.com

Dié biografiese misdaaddrama se lokprent is binne net 11 uur meer as 2,5 miljoen keer op YouTube gekyk. Hoewel dit net 123 sekondes lank is, is talle aanhangers daarvan oortuig dat die rolprent beslis ’n voorloper in volgende jaar se Oscars-wedloop gaan wees.

Scott se eindproduk speel in 1995 af en fokus op die huurmoord op die Italianer Maurizio Gucci, die stigter van die modehuis Gucci. Sy vrou, Patrizia Reggiani, is later as die baasbrein agter sy moord onthul.

Dit blyk egter dit is nie dié storielyn waaroor aanhangers gaande is nie, maar die spel wat die sterbelaaide rolverdeling gaan voorsit: Die Oscar-benoemde Adam Driver en die Oscar-bekroonde Lady Gaga vertolk die Gucci-egpaar. Hulle word deur nog drie Oscar-wenners ondersteun: Jeremy Irons as Rodolfo Gucci (Maurizio se pa), Al Pacino as Aldo Gucci (Maurizio se oom) en Jared Leto as Paolo Gucci (Maurizio se neef).

Veral Gaga word wyd geloof en sal in alle waarskynlikheid sterk aanspraak maak op haar tweede Oscar nadat sy die goue beeldjie in 2019 vir die liedjie “Shallow” uit die rolprent A Star is Born gewen het. Sy is in dieselfde jaar vir haar hoofrol in dié rolprent benoem, maar moes eindelik die knie voor Olivia Colman van The Favourite buig.

Plaaslike fliekgangers sal egter nog ’n tydjie moet wag om die rolprent te kyk: Volgens die jongste inligting word House of Gucci eers op 3 Desember hier uitgereik, net nege dae nadat dit in Amerika begin draai. Dié datums kan egter weens die Covid-19-pandemie en die staat van inperking rondgeskuif word.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier met bykomende bronne: imdb.com, eonline.com

Meer oor:  The Favourite  |  Olivia Colman  |  A Star Is Born  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Covid  |  Pandemie  |  Inperking  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Adam Driver  |  Gucci  |  Jeremy Irons  |  Al Pacino  |  Jared Leto  |  Lady Gaga  |  Flieks  |  Ridley Scott  |  Oscars  |  Fliek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.