Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: ‘Cats’ se lokprent is hier

Die lokprent van die fliekweergawe van Andrew Lloyd Webber se musiekspel Cats is uitgereik.

Die lokprent van die fliekweergawe van die musiekspel Cats is uitgereik.

Taylor Swift, Jennifer Hudson, James Corden, Idris Elba, Judi Dench en Rebel Wilson is deel van die rolverdeling waarin al die bekende karakters soos Grizabella, Macavity en Old Deuteronomy hul opwagting maak.

Die oorspronklike musiekspel is op die ontslape digter en skrywer T.S. Eliot se digbundel Old Possum’s Book of Practical Cats gegrond.

Tom Hooper is die regisseur van die fliek wat om die wel en weë van talle katte draai, en met talle visuele effekte die storie vertel.

Hudson vertolk die rol van Grizabella, ’n rol wat Elaine Paige bekend gemaak het.

Die karakter word veral met die liedjie “Memory” geassosieer.

Swift vertolk Bombalurina, Dench vertolk Old Deuteronomy en Elba vertolk Macavity.

Lloyd Webber het glo ’n splinternuwe liedjie vir die fliekweergawe gekomponeer.

Dit sal deur die karakter Victoria (vertolk deur Francesca Hayward) gesing word.

Lloyd Webber het ook al in die verlede nuwe musiek vir die fliekweergawe van die musiekspel Evita geskryf.

Madonna het die lied “You Must Love Me” in die rol van die eertydse presidentsvrou Eva Perron gesing in die fliek wat in 1997 uitgereik is.

Die lied is ook met ’n Oscar vir beste nuwe lied bekroon.

* Cats sal na verwagting op 20 Desember uitgereik word.

Meer oor:  Musiekspel  |  Cats
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.