Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Charlize Theron lyk onherkenbaar

Die aktrise Charlize Theron lyk onherkenbaar in die lokprent van haar nuwe fliek, Bombshell.

’n Mens sou haar stellig kon verwar met die televisiepersoonlikheid Megyn Kelly wat sy vertolk in dié drama oor aantygings van seksuele teistering teen die voormalige Fox News-bestuurshoof, Roger Ailes.

John Lithgow vertolk Ailes, terwyl Margot Robbie ’n fiktiewe vervaardiger vertolk en Nicole Kidman as Gretchen Carlson te sien is.

Die rolverdeling sluit verder in Kate McKinnon, Allison Janney, Connie Britton, Rob Delaney en Malcolm McDowell as Rupert Murdoch.

Kelly (Theron) was ’n nuusaanbieder van 2004 tot 2017.

“Ek weet nie hoe ingewikkeld haar situasie was nie,” sê Theron.

Charlize Theron, Nicole Kidman en Margot Robbie in ’n toneel uit Bombshell.

“En ek dink baie mense verstaan nie waarom sy nie daaroor gepraat het nie. Sy was in ’n moeilike stryd gewikkel en as mens het ek empatie daarmee. Ek dink nie baie mense het dit werklik verstaan nie.”

Die fliek fokus op die vroue wat vir Ailes in die bresse getree het, eerder as Ailes wat homself verdedig het, sê Lithgow.

“Baie vroue se stories word vertel. Hierdie poging kan dalk een van die bestes wees, want hulle is ses of sewe uiteenlopende vroue met baie verskillende ervarings en reaksies op dié krisis. Ek vertolk die krisis.”

Charlize Theron en Megyn Kelly.

Jay Roach is die regisseur van die fliek. Roach is bekend om sy bekroonde politieke televisierolprente Game Change en Recount. Sy ander werk sluit in Austin Powers, Meet the Parents en Trumbo.

Bombshell volg op die Showtime-reeks The Loudest Voice wat ’n gelyksoortige storie vertel het, met Russel Crowe in die rol van Ailes en Naomi Watts as Carlson. Die resensies was oor die algemeen nie baie gunstig nie.

* Bombshell word op 20 Desember uitgereik.

Meer oor:  Charlize Theron  |  Nicole Kidman  |  Lokprent  |  Flieks  |  Fox News  |  Margot Robbie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.