Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Flieks
KYK: Daar is amok in die nuutste ‘Toy Story’
Woody (Tom Hanks) en Duke Caboom (Keanu Reeves) in ’n toneel uit die vierde Toy Story, wat op 20 Junie in Suid-Afrika begin wys.

Daar is twee nuwe speelgoed-karakters in die vierde prent in die gewilde Toy Story-animasiereeks wat op 21 Junie in Suid-Afrika begin wys.

Benewens die cowboy-pop Woody (Tom Hanks), die ruimtevaarder Buzz Lightyear (Tim Allen) en die skaapwagter Bo Peep (Annie Potts) is daar nou Duke Caboom en Forky. Dit is die speelgoed van die nimlike mensekind Bonnie, wat lewe as mense nie in die omtrek is nie. Eens het hulle mos almal aan Andy behoort wat intussen universiteit toe is.

Die speelgoed span saam om Bonnie se selfgeskepte speelding Forky te vind. Dit is ’n plastiekvurk wat sy in ’n mannetjie omskep het met aangeplakte oë en ’n pypskoonmaker vir ’n mond – die tipiese speelgoed wat kinders in die kindertuin maak.

Forky ly aan ’n bestaanskrisis – die Toy Story-reeks is mos immer filosofies. Hy weet nie wat dit beteken om ’n speelding te wees nie. Sy maats probeer hul bes om hom touwys te maak, tog raak hy weg op een van die gesin se vakansies en Woody gaan soek na hom.

Keanu Reeves verskaf die stemkuns vir die nuwe speelding Duke Caboom, ’n waagkunstenaar van formaat wat ingespan word om Forky te vind. Hy is effe van ’n windlawaai om dit nou sagkens te stel.

Die regisseur is Josh Cooley.

Die reeks het in 1995 begin en was die eerste rekenaargeskepte animasieprent. Al drie prente was lokettreffers en het wêreldwyd nagenoeg $1,9 miljard verdien. Die laaste een is ook vir ’n Oscar as beste rolprent én beste animasieprent benoem.

Meer oor:  Fliek  |  Animasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.